Klappertandkoud...

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Van plase in die verre Suide wat meer as 100 mm uit hul reënmeters gegooi het tot die kwik wat op plekke tot -14 gedaal het – die winter het haar kloue met mening in Namibië geslaan. Dis veral in die Suide van die land wat inwoners op sosiale media laat weet het dié deel is buiten bibberkoud ook sopnat. Op Reën in Namibië is laat weet Koos Bosman van die plaas Tsirub, suid van Garub en aangrensend van Klein-Aus-Vista, het teen 08:00 gister reeds 110mm gemeet met nog reën wat oppad was. Op Klein-Aus-Vista het Piet Swiegers gewys hoe 20 mm van droë lope riviere maak, met die hoop en voorspelling dat dit die woestyn binnekort in ’n kleurvolle landskap gaan omtower. Steve Prinsloo van Aus het op dieselfde blad berig teen gisteroggend was 50 mm reeds in meters op die dorp, terwyl dit in die omgewing van Grünau “bitter koud, met van sagte tot harde tot misreën was wat uitgesak het. Aan die kus het inwoners van Lüderitz laat weet “alles is sopnat” en dit reën “saggies al vir ure aaneen”.

Die wenner van die koudste plek gister is op hierdie stadium die -14 wat Sigi von Lüttwitz berig het uit die Omuramba, Drimiopses-omgewing. Op ’n plot buite Otjiwarongo het die kwik tot -3 gedaal, op Outjo is -4 en op Grootfontein -1 gemeet en op Steinheim was dit ’n ysige -7. In Windhoek het temperature gewissel van -10 in die rigting van Finkenstein, -2 in Hochlandpark en -6 in Avis, tot -3 op Elisenheim en -6 by Gocheganas.

Die Namibiese weerkantoor waarsku die bitter koue toestande duur nog voort tot Vrydag in die Suide-, Weste, sentrale en oostelike gedeeltes. Swaar buie kan oor die suidwestelike gedeeltes van die land voorkom. Saai- en kleinveeboere word aangeraai om die nodige voorsorg te tref. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 23° | 37° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 25° | 34° Otjiwarongo: 21° | 31° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 15° | 21° Rehoboth: 20° | 34° Mariental: 22° | 37° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 16° | 34° Ariamsvlei: 21° | 37° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 37° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 16° | 33° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 21° | 36° Windhoek: 20° | 32° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 28° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!