• Tuisblad
  • Weer
  • Klimaatsverandering: Geslagsgeweld kan verdriedubbel
FOTO ARGIEF
FOTO ARGIEF

Klimaatsverandering: Geslagsgeweld kan verdriedubbel

Engie vooruitgang gestrem
'n Gebrek aan voedselsekuriteit as gevolg van verswakkende klimaatstoestande en grootskaalse migrasie kan die risiko vir vroue verder verhoog.
Jemima Beukes
Miljoene vroue en jong in meisies suid van die Sahara en Namibië ingesluit, gaan katastrofiese vlakke van geweld aan die hand van ‘n intieme maat ervaar omdat die wêreld nie enige vordering op die gebied van die globale klimaatkrisis maak nie. Volgens ‘n verslag van die Verenigde Nasies se Bevolkingsfonds (UNFPA) kan ‘n gebrek aan voedselsekuriteit as gevolg van verswakkende klimaatstoestande, grondgebruik en -bestuur , sowel as bevolkingsgroei, grootskaalse migrasie en verskuiwing die risiko vir vroue verder verhoog.

Die verslag - Climate Change Impacts and Intimate Partner Violence in Sub-Saharan Africa - waarsku dat so dié kwessies nie aangespreek word nie, klimaatsverandering sal voortgaan om enige vooruitgang te strem met die beëindiging van voorkombare sterftes onder swanger vroue, die onvervulde behoeftes vir gesinsbeplanning, geslagsgeweld, sowel as skadelike praktyke.

Die wêreld is reeds agter om sy doelwitte vir Agenda 2050 te bereik, met net 15% wat op koers is.

Die verslag waarsku dat geweld aan die hand van ‘n intieme maat weens vrees, stigma en skaamte nie aangemeld word nie.

‘n Mindere ernstige mate van geweld word deur die verslag gedefinieer as wanneer die vrou deur haar man of lewensmaat gestamp of gestoot, geskud, geklap, met die vuis of iets skadelik geslaan, sy geskop of gesleep of iets na haar gegooi is.

Ernstige geweld word beskryf as wanneer die vrou gewurg of gebrand of met ‘n wapen, mes of ander tipe wapen gedreig of fisies aangerand word.

Seksuele geweld word beskryf as wanneer ‘n vrou fisies gedwing word tot ongewenste seks en of gedwing word om ongewenste seksuele dade te pleeg of daaraan deel te neem.

Die verslag stel voor dat vroue en meisies wat engie van dié tipe geweld ervaar, toegang moet hê tot gesondheidsorg ongeag klimaatsomstandighede en ingesluit mediese en sielkundige ondersteuning.

Dit stel voor dat lidlande waarvan Namibië een is, om te belê in klimaatsfinansiering in gesondheid en beskermingstelsels tot voordeel van vroue en meisies in ‘n toekoms wat toenemende klimaatskokke en -ontrigtings inhou.

“Lande moet seksuele en reproduktiewe gesondheid en regte van vroue en meisies - ingesluit die risiko van geslagsgeweld - in hul nasionale klimaatsplanne insluit,” maan die verslag. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!