Tanja Bause het onlangs die foto van ys aan 'n kraan by Dordabis afgeneem.
Tanja Bause het onlangs die foto van ys aan 'n kraan by Dordabis afgeneem.

Koue, reën vir Suide voorspel

Elvira Hattingh
Terwyl kouer temperature weer vanaf die naweek oor groter dele van die land kan posvat, meen weerkenners die sentrale oostelike dele van Namibië kan vandag selfs motreën ontvang.

Die Namibiese weerkantoor voorspel gedeeltelik bewolkte en warm tot baie warm weer vir die oorgrote dele van die land, met enkele ligte reënbuie wat waarskynlik plek-plek oor die verre oostelike dele van die Hardapstreek kan voorkom.

Terselfdertyd word ʼn fris noordelike tot noordwestelike wind in die binneland verwag.

Volgens weerkenners moet inwoners van die verre Suide hulle reeds vanaf komende Saterdag teen ysige temperature staal, terwyl meer sentrale gebiede soos die hoofstad die koue teen Sondag kan voel.

Daarteenoor sal gebiede in die verre Noorde se maksimumtemperature die 30 °C-merk bereik of net-net verbysteek.

Die voorspellings stem ooreen met weervooruitskouings deur die nieregeringsorganisasie Landwater, wat verduidelik het die reënwolke oor Namibië se suide mag ligter reën bring, “vermeng met kollerige, swaarder reën wat in sarsies uitsak.

“Ons werk eintlik met ‘n fenomenale voorbereiding deur die winter vir die lente. Dit is 'n tendens wat waarskynlik sal voortduur,” het LandWater gesê en gewaarsku dat ʼn “beduidende risiko” bestaan dat weerprente voorts nog “aansienlik wilder” kan raak.

Vir nou bring die huidige weerstelsel egter broodnodige reën in winterreëngebiede, het die organisasie gesê.

SNEEU IN BUURLAND

Tans sneeu dit in Lesotho, met sneeu- en ysreëntoestande wat sedert Sondag ook oor die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal begin voorkom het, het LandWater gesê.

Volgens die organisasie kan die volgende weke “ontsettend interessant” wees, met ʼn moontlikheid op ligter donderstorms (in Julie) in Suid-Afrika se somerreëngebied, asook reën in die Kaap, nader aan die einde van die week.

Dit volg nadat ʼn kouefront omstreeks die afgelope Vrydag by die Kaap geland het en volgens LandWater ondersteun is deur ʼn “mooierige bolugtrog, of laagdrukgolf in die bolug”.

LandWater het bygevoeg dat La Niña-weerstoestande tans ’n aansienlike groter rol speel as wat oënskynlik aanvaar word én voorsien word vir die nuwe somer – gegewe kwessies soos aarverhitting.

“Ons is stééds binne ʼn La Niña, volgens see-oppervlaktemperature, maar verkeer op die kort termyn in ʼn neutrale gleuf. Dit is óf aanduidend van ʼn ‘seisoenale asemhaal’, of ’n tussenfase vóór ons moontlik duideliker weer na ‘n La Niña sal neig.

“Die kruks van die saak is: Ons het steeds 'n beduidende kans vir 'n opvolg-La Niña in die somer van 2022-’23, maar ons sal eers meer sekerheid hieroor in Oktober of November hê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!