Koue wyk (vir nou)
Terwyl die Suide nog ’n matige koue dag vandag kan verwag, behoort die temperature in die res van die land weer te begin herstel. Die ||Kharasstreek asook die verre suidelike kusgebied moet egter vandag ’n paar ligte reënbuie op plekke verwag, met koel tot matige koel weer, sê die Namibiese weerkantoor. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en matig tot warm wees, terwyl die noorde baie warm weer kan verwag. Dit volg ná enkele reënbuie die afgelope Sondag ook in die noorde van die land voorgekom het (foto).
Dit kom terwyl reën in Suid-Afrika oor die Overberg, Boland, Weskus en Kaap voorkom, met swaar reën wat langs dele van die suidelike kusgordel en aangrensende binneland geval het. Na verwagting sal die swaar reën en moontlik selfs ysreën of ligte sneeu breër oor die oostelike Noord-Kaap, Oos-Kaap en Vrystaat voorkom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie