Kwik daal effens dié naweek

Net tydelike verligting
Sommige Namibiërs kan dié naweek koeler temperature verwag, volgens die weerkantoor.
Iréne-Mari van der Walt
Die Namibiese weerkantoor se hoofweervoorspeller, Odillo Kgobetsi, sê temperature in die suidelike, westelike en sentrale dele van die land sal vandag begin daal terwyl die Noorde en Ooste steeds versengende hitte sal ervaar.

Dié verligting is volgens Kgobetsi egter tydelik met temperature wat na verwagting weer vanaf Maandag sal toeneem.

Hy sê as temperature hoër as 36 ºC vir drie dae of langer voortduur, word dit as ’n hittegolf beskou.

Dorpe wat in sentrale dele geleë is kan verwag dat temperature weer vanaf die middel van volgende week tot 36 ºC of hoër sal styg.

Die kwik het die afgelope week tot by 40 ºC in die hoofstad gestyg.

In Keetmanshoop is temperature van so hoog as 39 ºC aangeteken en in Tsumeb 41 ºC. Rundu het vanaf die begin van die week temperature van gemiddeld 38 ºC aangeteken en op ’n plaas tussen Kamanjab en Khorixas is temperature van tot 49 ºC buite gemeet.

“Temperature is effens buite die norm vir SADC vir hierdie tyd van die jaar en veral vir Namibië,” het Kgobetsi gesê en bygevoeg dat die vooruitsigte vir reën die naweek in die noordelike, sentrale en oostelike dele van die land sal verbeter. Hierdie buitengewone temperature word volgens Kgobetsi veroorsaak deur ’n hoogdrukstelsel wat tans oorbeweeg.

Kgobetsi raai aan dat diegene in hittetoestande sorg dat hulle gehidreer bly en sover moontlik direkte sonlig vermy.

Die weerkantoor voorspel dat die Suide die komende reënseisoen ondergemiddelde reën sal ontvang en die sentrale en noordelike dele normale tot bogemiddelde reënval.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 26° Rundu: 19° | 30° Eenhana: 21° | 32° Oshakati: 23° | 29° Ruacana: 18° | 33° Tsumeb: 21° | 31° Otjiwarongo: 19° | 31° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 20° | 30° Gobabis: 21° | 31° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 21° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 16° | 32° Aranos: 21° | 32° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 28° Lubumbashi: 16° | 27° Mbabane: 19° | 25° Maseru: 15° | 30° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 18° | 29° Maputo: 24° | 34° Windhoek: 20° | 30° Cape Town: 19° | 23° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 17° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 17° | 24° #REF! #REF!