Land se damme meer as 70% vol
Hoewel die land reeds die eerste neerslae van sy reënseisoen gekry het, was daar nog net ’n geringe invloei in die damme in die sentrale gebied.
Sover vanjaar het net die Omatako- en Von Bachdam toeloop gekry.
Volgens die nuutste damverslag wat NamWater Maandag uitgereik het, is vyf van die damme steeds meer as 70% vol. Die totale gemiddelde vlak van Namibië se damme was aan die begin van die week 71.4%, in vergelyking met verlede seisoen toe dit 73.2% was. In die sentrale gebied is die gemiddelde vlak op 42.7% in vergelyking met verlede seisoen se 58.6%.
Swakoppoortdam is tans 73.3% vol, Von Bach se vlak staan op 31.6%, Friedenaudam op 74.2%, Goreangabdam is 100% vol en die Omatakodam is op 0.5%.
In die Suide is die gemiddeld 80.3% in vergelyking met die 79.7% dié tyd verlede seisoen.
Neckartaldam, die grootste dam in Namibië, is tans 93.7% vol. Dit beteken die dam hou tans 803 562 miljoen kubieke meter water. Verlede seisoen was die dam 92.5% vol. Hardapdam is tans 48.5% vol, Nautedam 76.2% en Oanobdam 65.7%. Die vlak van die Dreihukdam is op 4.9% en die Bondelsdam is leeg.
In die ooste van die land is die gemiddelde damvlak 13.4% wat veel minder is as die 42.2% van die vorige seisoen.
Die Otjivero hoofdam is 19.9% vol, die Tilda Viljoendam se vlak is op 34.9% en die Daan Viljoendam op 31.6%.
In Oshanastreek is die Olushandjadam 12% vol, in vergelyking met dié tyd verlede seisoen se 14.1%.
Beide die Omaruru Deltadam in die Erongostreek en die Omatjennedam in die Otjozondjupastreek is leeg. Beide was twaalf maande gelede ook leeg.
Volgens die nuutste seisoenale reënvalvooruitsigte wat deur die weerkantoor uitgereik is, word normale tot bo-normale reënval oor die hele land vir Januarie tot April verwag.
Vir Meimaand geld hierdie voorspelling steeds, behalwe oor die verre suidwestelike deel van Namibië, waar normale tot ondernormale reënval verwag word.
“Die meeste modelle voorspel gemiddeld 75% teenwoordigheid van ’n La Niña-gebeurtenis oor die oostelike ekwatoriale Stille Oseaan, wat dus normale tot bo-normale reënval gedurende Desember tot Mei aandui.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie