Lieflike landsreën

Henriette Lamprecht
’n Wolkkombers oor ’n groot gedeelte van Namibië het gister vir welkome neerslae gesorg met van harde buie tot sagte landsreëns op plase veral in die suide van die land. In Windhoek is van 12 mm tot 25 mm aangeteken, Hentiesbaaiers het 2 mm uitgegooi, by Gobabeb-navorsingstasie is 2,5 mm gemeet, terwyl die NamibRand-natuurreservaat tussen 5 mm en 16 mm gemeet het.

Volgens Odile Kgobetsi van die weerkantoor is die hoofstelsel wat vir die neerslae gesorg het, reeds besig om weg te beweeg, maar inwoners in die noordwestelike, sentrale en oostelike dele van die land kan môre nog neerslae verwag. Hannelie Koen Rossouw het dié foto “iewers in Klein Windhoek op ’n hoogte net ná 13:00 geneem” van die reën in en om die hoofstad.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!