HOT
HOT

’n Warm winter word voorspel

Ellanie Smit
Die gemiddelde temperatuur wat vir die wintermaande (Mei tot Julie) voorspel word, toon ’n gemiddelde styging oraloor die land.

Dit volgens die Namibiese Meteorologiese Dienste se reënvalbulletin vir April.

Die weerdiens voorspel gemiddelde temperature tussen 12 °C en 19 °C oor die grootste deel van die land, terwyl die Ohangwenastreek en dele van die Kunene-, Omusati-, Oshana-, Kavango-Wes- en -Oos- en Zambezistreek na verwagting ’n gemiddelde temperatuur van 20 °C sal ervaar.

“Hoewel ’n styging in die gemiddelde temperatuur voorspel word, is dit belangrik om in gedagte te hou dat dit slegs verwys na die gemiddelde temperatuur gedurende die wintermaande,” het die bulletin aangedui.

April was reeds warmer as gemiddeld oor die grootste deel van die land, behalwe vir die kusgebiede waar ondergemiddelde temperature ervaar is.

Die Kunene-, Omaheke- en westelike Hardapstreek se temperatuur was 3 °C tot 4 °C hoër as die gemiddeld.

Khorixas en Warmquelle in die Kunenestreek het die hoogste temperatuur van die maand op onderskeidelik 41,8 °C en 40,3 °C aangeteken.

Die bulletin het verder gesê dat die meeste dele van die land reënval van 90 mm en minder aangemeld het.

Slegs Otavi en Okondjatu in die Otjozondjupastreek het beduidende reënval van onderskeidelik 110 mm en 103 mm vir die maand ontvang.

Op ’n seisoenale skaal van Oktober tot April het die grootste deel van Namibië ’n ondergemiddelde reënvalseisoen beleef, terwyl ’n maandelikse gemiddeld vir April ook ondergemiddelde reënval oor die grootste deel van die land aandui.

Die gemiddelde maksimum temperatuur was 31,5 °C en die gemiddelde minimum temperatuur 16,1 °C.

“Die gemiddelde maksimum temperatuur is rondom 30°C oor die grootste deel van die land, maar in die hoë 30’s oor die Kunenestreek en Namibwoestyn.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford #REF! Currency: GBP to NAD 23.13 | EUR to NAD 19.29 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.3 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.83 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.15 | USD to EGP 48.64 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.32 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14269.55 Up +0.16% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31022.54 Down -0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 638.13/OZ UP +0.45% | Copper US$ 4.45/lb UP +3.08% | Zinc US$ 2 995.80/T UP 3.59% | Brent Crude Oil US$ 75.07/BBP UP +0.93% | Platinum US$ 973.83/OZ UP +1.65% #REF!