Karen Marais het dié foto 15 km suid van Otjiwarongo geneem ná die onlangse reën.
Karen Marais het dié foto 15 km suid van Otjiwarongo geneem ná die onlangse reën.

Namibiërs hou asem op vir nóg reën

Iréne-Mari van der Walt
Reënbuie en donderstorms sal na verwagting teen November in Namibië voorkom.

Só het die hoofweervoorspeller van die Namibiese weerkantoor, Odillo Kgobetsi, gister gesê oor die vooruitsigte vir die 2024-’25-reënseisoen.

In die verslag word ’n “ligte” La Niña voorspel wat na verwagting gemiddelde tot bogemiddelde reën in die komende reënseisoen sal bring.

Dit nadat reën einde September – vroeër as wat verwag is – verligting vir boere in die Ooste gebring het.

Rian van Wyk van die plaas Doornkom, het gesê hy het 15 mm en 25 mm reën op sy plaas gemeet. Twee damme in die Omahekestreek, die Daan Viljoen- en Tilda Viljoendam, het ook invloei ontvang.

“Die voorspelling is deur kundiges op streekvlak aangeneem en word maandeliks tot einde Maart [2025] hersien,” het Kgobetsi gesê.

Alhoewel die verslag meld dat reën vanaf Oktober tot Desember oor die noordelike en sentrale gebiede van die land sal voorkom, waarsku die weerkantoor die feit dat die kwik wêreldwyd buitengewoon hoog styg dit die El Niño-Suidelike Ossillasie (Enso) en die Indiese Oseaan-dipool (IOD) ietwat onvoorspelbaar kan maak.

Die weerkantoor het egter vertroue in sy voorspelling van gemiddelde tot bogemiddelde reën oraloor die land vanaf Januarie vanjaar tot Maart volgende jaar.



WATER

Die weerkantoor waarsku Namibiërs om proaktief te wees in waterbestuur en beveel aan dat maatreëls en monitering in die meeste dele van die land ingestel word om die risiko’s wat met vloede gepaardgaan te beperk.

In die Suide beveel die weerkantoor aan dat water spaarsamig gebruik moet word en dat bykomende waterbronne hier nodig mag wees om volhoubare watertoevoer te verseker.

Beide vee- en saaiboerderye is aangemoedig om vir ’n potensieel gunstige reënvalseisoen voor te berei en waaksaam vir gewasplae en veesiektes te wees.



VLOEDE

Die weerkantoor sê Zambezi, Kavango-Oos, Kavango-Wes, Oshana, Ohangwena, Omusati en Oshikoto moet hulself voorberei vir moontlike vloede deur vloedwaarskuwings aan gemeenskappe uit te reik, om te verseker dat dreineringstelsels doeltreffend werk en ontruimingsplanne in plek te stel.



GESONDHEID

Die risiko’s wat die komende reënseisoen vir openbare gesondheid kan inhou, is hoofsaaklik in die Noorde gesentreer, waar onvoldoende sanitasie en stilstaande water uitbrekings van onder meer cholera en tifus kan veroorsaak.

Stedelike gebiede met onvoldoende dreineringstelsels, soos Windhoek se informele nedersettings, kan ook gesondheidskwessies ondervind.



INFRASTRUKTUUR

Die weerkantoor beveel ook aan dat die ministerie van werke en vervoer op hul hoede moet wees vir die moontlikheid van skade aan paaie en hoofweë, soos die Trans-Caprivi-hoofweg.

Daar word ook verwag dat kragstelsels en kommunikasienetwerke in die Zambezi-, Kavango- en noordelike streke deur die weervoorspelling geraak kan word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 2 vs 2 Wolves | Brentford 4 vs 3 Ipswich Town | Aston Villa 1 vs 1 Bournemouth | Manchester City 1 vs 0 Southampton | Leicester City 1 vs 3 Nottingham Forest LaLiga: Rayo Vallecano 1 vs 0 Deportivo Alaves | Real Valladolid 1 vs 2 Villarreal | Espanyol 0 vs 2 Sevilla SerieA: Napoli 1 vs 0 Lecce | Torino 1 vs 0 Como | Udinese 2 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Cardiff City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Sunderland 2 vs 0 Oxford United | Sheffield United 2 vs 0 Stoke City | Plymouth Argyle 3 vs 3 Preston North End | Derby County 1 vs 1 Hull City | Burnley 0 vs 0 Queens Park Rangers | Watford 1 vs 0 Blackburn Rovers | Coventry City 3 vs 2 Luton Town | Bristol City 0 vs 0 Leeds United | Portsmouth 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Middlesbrough 1 vs 0 Sheffield United | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Luton Town 1 vs 2 Sunderland | Hull City 1 vs 1 Burnley | Blackburn Rovers 0 vs 0 West Bromwich Albion English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Cardiff City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Sunderland 2 vs 0 Oxford United | Sheffield United 2 vs 0 Stoke City | Plymouth Argyle 3 vs 3 Preston North End | Derby County 1 vs 1 Hull City | Burnley 0 vs 0 Queens Park Rangers | Watford 1 vs 0 Blackburn Rovers | Coventry City 3 vs 2 Luton Town | Bristol City 0 vs 0 Leeds United | Portsmouth 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Middlesbrough 1 vs 0 Sheffield United | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Luton Town 1 vs 2 Sunderland | Hull City 1 vs 1 Burnley | Blackburn Rovers 0 vs 0 West Bromwich Albion #N/A Currency: GBP to NAD 22.82 | EUR to NAD 19.03 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.64 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.08 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.94 | USD to AOA 909.05 | USD to BWP 13.4 | USD to EGP 48.73 | USD to KES 129.2 | USD to NGN 1634.69 | USD to ZAR 17.65 | USD to ZMW 26.55 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1878.14 Down -0.19% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14181.53 Up +0.31% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30552.82 Up +0.46% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9844.57 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 747.22/OZ UP +0.49% | Copper US$ 4.35/lb UP +0.11% | Zinc US$ 3 116.50/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 76.05/BBP UP +1.80% | Platinum US$ 1 024.42/OZ DOWN -0.002 #N/A