Namibië ontvang wydverspreide reën
Talle plekke het oor die langnaweek reën ontvang. Die Namibiese weerkantoor het gisteroggend die meeste reën by die Grootfontein-lughawe (47 mm) en die minste op Sandveld (1 mm) gemeet. Die weerkantoor se reënstasies op Omaruru, Bagani en Otjiwarongo het elk 5 mm gemeet terwyl daar in Windhoek by hul hoofkantoor 31 mm geval het.
Op die Facebook-blad Reën in Namibia is melding gemaak van die Tsumeb-lughawe wat Maandag 21 mm reën ontvang het, Grootfontein 62 mm, Outjo 40 mm, en Eros 13 mm, Ludwigsdorf 55 mm, Kleine Kuppe 27 mm.
Die plaas Okondura South wat 40 kilometer oos vanaf Karibib geleë is, het ook Maandag 96 mm ontvang.
Saterdag het dit 70 mm op die plaas Kuibis – 70 kilometer oos van Aus – gereën. Die plaas Rosevlakte in die Maroelaboom-omgewing naby Grootfontein het Saterdag 44 mm ontvang.
Vrydag het dit by die Kalahari Anib Lodge by Mariental gereën en die lodge het ’n video van hul werkers – wat breë glimlag terwyl hulle in die reën dans – op Reën in Namibia geplaas. Vrydag het Eros 14 mm ontvang , Ludwigsdorf 20 mm en Omeya 30 mm.
Die Nautedam se sluise is Saterdag weer oopgetrek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie