Nautedam se oop sluise sorg vir skouspel
Gemeenskappe stroomaf gewaarsku
Die grootste dam in die land, die Neckartaldam, het Maandagaand sy walle begin oorstroom en die derde grootste dam, die Nautedam, se sluise is gisteroggend oopgetrek.
Die tweede grootste dam, die Hardapdam se vlak het gisteroggend tot 77,7% gestyg met invloei van 5,482 miljoen kubieke meter per sekonde.
Al drie damme in die Suide het meer as drie jaar gelede – einde Januarie 2022 – ook hul volle kapasiteit bereik met die Neckartaldam wat oorstroom het en die Naute- en Hardapdam se sluise wat toe ook oopgetrek is.
Gister om 09:00 het die Nautedam volgens NamWater op ’n oorvol vlak van 105,7% gestaan nadat dit volgens Maandag se dambulletin 85,1% vol was. Teen 11:00 was die damvlak 107,1%. Twee sluise van die vier sluise is teen 0,9 meter oopgetrek wat water teen 200 kubieke meter per sekonde vrygelaat het.
Nautedam is tussen 1970 en 1972 in die Löwenrivier, suidwes van Keetmanshoop, gebou en ondersteun dadel- en druiweproduksie. Die water vloei stroomaf in die Löwenrivier, wat uiteindelik met die Visrivier saamvloei. Die Visrivier sal ook die oorloop vanaf die Neckartaldam kry.
“Hierdie gekombineerde vloei gaan suidwaarts voortvloei om die Oranjerivier tussen Rosh Pinah en Aussenkehr te ontmoet, wat uiteindelik die Atlantiese Oseaan by Oranjemund sal bereik,” het NamWater gesê.
NamWater maan gemeenskappe stroomaf om die nodige veiligheidsmaatreëls te tref namate watervolumes aanhou styg.
Al ses damme in die Suide het invloei gekry en was Maandag gesamentlik 91,9% vol teenoor verlede jaar se 63,4%.
Volgens die jongste dambulletin was die Swakoppoortdam ook steeds oorlopens toe vol op ’n vlak van 101,8%. Die Von Bachdam was gister 78,9% vol teenoor verlede week se 64,9% en verlede jaar se skrale 11,4%. Ook in die sentrale dele is die Omatakodam 82,8% vol teenoor verlede jaar sy byna leë 0,6%.
Oostedamme is ook besig om spoedig voller te raak met die Daan Viljoendam se stand op 64,8% teenoor verlede jaar se 7,3%. Die Tilda Viljoen in Gobabis was verlede jaar net 4,6% vol, ’n week gelede 15,7% en tans 18,2%.
In die Noorde het die Olusjandjadam ook invloei gehad met sy vlak op 74,5%. Due Omaruru-deltadam was verlede jaar dolleeg en is nou 29,2% vol.
Die weervoorspelling vir vandag is sonnig en warm in die verre Weste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm wees met enkele donderbuie in die verre Ooste en Suidooste, maar geïsoleerde donderbuie by Tsumkwe en die streke van Kavango-Wes en -Oos en Zambezi.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie