Omajovas ná die reën: Lekkernye uit 'n woestynland. FOTO ELVIRA HATTINGH
Omajovas ná die reën: Lekkernye uit 'n woestynland. FOTO ELVIRA HATTINGH

Naweekreën val wyd

Damme ietwat leër as verlede jaar
Namibiërs juig nadat reënneerslae die afgelope naweek oor groot dele van die land voorgekom het.
Terwyl reën gisteroggend nog wydverspreid oor Namibië voorgekom het, sal die onweer na verwagting teen vandag ietwat opklaar.

Die Namibiese weerkantoor voorspel enkele geïsoleerde donderbuie in die noordooste van die land – op plekke – terwyl dit sonnig en matig tot warm in die Suide sal wees. Die Weste kan baie warm weer verwag, terwyl dit elders gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm sal wees.

Dit kom egter nadat reën die afgelope naweek mildelik en wydverspreid oor Namibië geval het.

Op die Facebook-blad Reën in Namibia het Anne-Marie Marais gisteroggend laat weet dat Etunda in Ovamboland 75 mm oor die vorige twee dae gehad het, terwyl Opuwo ook die afgelope Saterdag en -nag 27 mm reën ontvang het en Sondag nog 1 mm. Die noordweste se Khowarib Lodge het ook laat weet dat dit die afgelope Sondag 40 mm reën gehad het.

By Ruacana is gisteroggend 9 mm reën gemeet, terwyl Tsumeb asook Otjiwarongo die afgelope Sondag beide sowat 14 mm reën ontvang het. Net noord van Tsumeb is daar egter die afgelope Sondag 32 mm reën gemeet, terwyl Grootfontein oor die naweek tot gisteroggend 22 mm reën gehad het.

’n Plaaseienaar noord van Keetmanshoop het Sondagaand 48 mm uit sy reënmeter gegooi, terwyl dit Sondag in die Asab-omgewing 90 mm gereën het. Op Mariental het dit ook 24 mm gereën, terwyl Michannette Smit laat weet het dit het Saterdag 52 mm op die plaas Vier Anas buite Kamanjab gereën.

DAMME

Intussen blyk dit dat minstens ses nasionalle damme tans voller as 80% is.

Tog is nasionale damme se stand tans gemiddeld meer as 2% laer as dieselfde tyd verlede jaar. Tans staan dit op gemiddeld 84,9%, teenoor verlede jaar se 87,1%.

Die drie damme wat die hoofstad asook sentrale dele in die land van water voorsien, naamlik die Von Bach (52,1%), Swakoppoort (96,4%) en Omatako (35,3%) hou gesamentlik gemiddeld 65,6% water.

Damme in die suide van die land is gemiddeld 92,5% vol, met die Neckartal- en Nautedam wat op onderskiedelik 100,6% en 101,5% staan. Die Hardapdam is ook tans 71,7% vol, terwyl die Oanobdam op 84,4% vol staan.

Die Ooste se damme hou gemiddeld 40,6% water, met die Daan Viljoendam wat die volste op 57,3% is. Die Tilda Viljoendam het 38,5% water oor, terwyl die Otjivero-hoofdam 40,1% vol is.

Die Friedenau- en Goreangabdam is onderskeidelik 94,8% en 99,8% vol. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!