Nuwe begin vir vloedslagoffers
Op 'n heuwel verby die buitewyke van Windhoek. Verder as die sinkhuisies wat sonder orde nedersettings vorm. In die berge wat die hoofstad omarm. Dit is hier waar Justina Thomas en haar man Shikongo Vaino gister begin het om vir hulle gesin van agt wat twee vyfjariges insluit, voordat die donker sou toesak 'n tuiste in 'n tent van 5 m x 5 m te skep.
Die gesin het sedert 2009 in Otjomuisie se Sewende Laan gebly, voor die stormwaters van byna 'n week gelede hul lewens verwoes het.
Justina en Shikongo en die res van hul gesin is deel van 'n groep van meer as 'n 1 000 inwoners van die hoofstad wat die naweek deur kitsvloede in Windhoek haweloos gelaat is. Die kitsvloede het al hul besittings vernietig of verniel.
Tydens Netwerk Media Hub (NMH) se besoek het een van die kinders 'n waterkan op die sy laat kantel om vir hom 'n glas water te gooi. Justina het die gesin se beddegoed op die grond uitgegooi dat die son dit moet droog bak. Die naaste kraan waar hulle weer die vyfliterkan kan volmaak, is berg af en weer op en weer af honderde meter ver van waar hulle nou bly.
Die groep vloedslagoffers wat nou hier in tente gehuisves word, het geen sanitasiegeriewe nie. Buiten vir piepklein sonpanele wat agter die tente opgerig is, is daar ook nie krag nie. Die naaste spreiligte wat enige lig in die donker verskaf, is dié wat die munisipaliteit vir nedersettings in die omgewing opgerig het. Dit is egter so ver dat jy dit nie sommer met die blote oog kan sien nie.
Justina en Shikongo was gister van die eerste vloedslagoffers wat by die tydelike tentedorpie opgedaag het. Nog is deur die loop van die dag agterop vragmotors na die terrein gebring. Matrasse is ook aangery en op die grond in die tente wat bulte maak, te laat lê.
“Hulle voel beter noudat ons hierheen gebring is,” sê Justina oor die kinders se gemoedstoestand. Shikongo is aan die werk met ‘n graaf, terwyl die familielid Matias Shapange op sy beurt met ‘n hark die terrein leefbaar probeer maak. 'n Laaigraaf is besig om die grond agter die eerste agt tente gelyk te maak waar die res van die beplande vyftig tente 'n staanplek moet kry.
Naby is 'n stuk grond reeds gelyk gemaak waar die hawelose inwoners wat gelukkig was om 'n paar sinkplate en pale te kon red, weer hul sinkhuisies kan bou.
Volgens die streeksraadsvoorsitter van Khomas, Shaalukeni John Moonde, is baie van die vloedslagoffers nie gewillig is om na die verafgeleë terrein verskuif te word nie. Baie is bekommerd dat daar nie toegang tot gesondheidsgeriewe, skole of vervoer is, sou hulle kies om hier te bly nie.
Stad Windhoek neem te voortou om verligting te bied en lewens te red, sou nog reën soos verwag weer swaar val. Die kantoor van die eerste minister verskaf die tente en die matrasse, terwyl kospakkies ook reeds uitgedeel is. Volgens die hoofstreeksbeampte Clement Mafwila is daar planne ‘n kliniek, skool en ‘n satelietpolisiekantoor naby die terrein op te rig. Die verwagting is dat die kontrakteur in die volgende drie maande die grond vir die beplande ontwikkeling sal begin omhein. Die Landless People's Movement (LPM) se munisipale raadslid Ivan Skrywer sê nog vloedslagoffers moet verskuif word, terwyl die Independent Patriots for Change (IPC) se Imms Nashinge beaam het dat die situasie in nedersettings wat deur die kitsvloede geraak is, steeds droewig is. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie