Rainfall December
Rainfall December

Onderdrukte reën tot April verwag

Kwik styg tot 41,9 °C in Keetmanshoop
Die meeste reën – van ongeveer 125 mm – word in Januarie oor die Zambezistreek verwag.
Ellanie Smit
Ondergemiddelde reënval kan moontlik in Januarie oor die grootste deel van die land voorkom, behalwe oor die suidwestelike Namib waar normale reënval verwag word.

Dit volgens die Namibië Meteorologiese Dienste se jongste reënvalverslag.

Reënval van minder as 25 mm word vandeesmaand in ||Kharas, Hardap, die westelike Erongo en die verre Kunene verwag, terwyl die res van die binneland na verwagting meer as 25 mm sal ontvang.

Die meeste reën – van ongeveer 125 mm – word in Januarie oor die Zambezistreek verwag. Na verwagting sal Namibië vanaf 1 Februarie tot 30 April vanjaar onderdrukte reënval ervaar.

Daar is ’n hoë waarskynlikheid van ondergemiddelde reënval vir dieselfde tydperk. Intussen het die noordelike en die verre oostelike dele van die land in Desember verlede jaar goeie reënvalsyfers aangeteken.

Die verslag dui aan dat Omega III 248 mm ontvang het, Okahao 156 mm, Mukwe 134 mm en Caprivi River Lodge 118,5 mm.

Die grootste deel van die land het egter ondergemiddelde reënval vir die maand ontvang, luidens die verslag.

“Die noordelike Kunene-, Ohangwena-, Oshana-, Oshikoto- en dele van Omusati-, Kavango-Wes- en die Kavango-Oosstreek het ondergemiddelde reënval ontvang.”

Op ’n seisoenale skaal – vanaf 1 Oktober 2023 tot 31 Desember verlede jaar – het die grootste deel van die land ondergemiddelde reënval ontvang.

“Normale reën is egter meestal oor die noordelike streke waargeneem en bogemiddelde reënval oor die noordelike Kunene- en Omusatistreek.”

Die verslag sê die suidoostelike ||Kharas- en sentrale Erongostreek het koeler temperature as die gemiddeld vir Desember aangeteken, terwyl bogemiddelde temperature oor die res van die land waargeneem is.

“Aan die ander kant dui maksimum temperature aan dat hittegolftoestande vir twee tot drie weke oor groot dele van die land voorgekom het.”

Die ||Kharasstreek, behalwe die suidoostelike dele, Hardap- en Kunenestreek het drie weke van maksimum temperature van hoër as 35 °C in Desember ervaar, en Khomas, Omaheke en Otjozondjupa twee weke van temperature hoër as 35 °C.

Keetmanshoop het die hoogste maksimum temperatuur (41,9 °C) vir die maand aangeteken, gevolg deur Warmquelle in die Kunenestreek met 41 °C.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!