Die Visrivier sal na verwagting vlakke van die Hardap Dam ook laat styg.
Foto argief
Die Visrivier sal na verwagting vlakke van die Hardap Dam ook laat styg. Foto argief

Oorstromings mag dalk voorkom

Augetto Graig
Die ministerie van landbou, water en grondhervorming het ’n waarskuwing uitgereik vir oorstromings wat veral langs die laer Oranjerivier en die oostelike Zambezi-vloedvlaktes kan voorkom.

Plekke in Namibië wat ook waaksaam teen vloede moet wees, is langs die Zambezirivier, in die Cuvelai-Etosha-kom, langs die Kavangorivier, in die opvangsgebied van die Kuisebrivier, by die Hardapdam – stroomaf van die Visrivier – en langs die Kunenerivier.

Die ministerie sê die opvangsgebiede van die Vaal- en Oranjerivier het goeie reën ontvang.

In Suid-Afrika het die invloei van water in die Bloemhof-, Gariep- en Vanderkloofdam oor die vorige naweek toegeneem. Die water vloei sterk met die Oranjerivier af en tussen Vrydag en Maandag het die riviervlak vanaf 0,52 m tot 3,3 m by Blouputs gestyg.

“Die meerderheid damme wat stroomop is, bly bo 100%. Na verwagting sal die vloedvlakke in die laer Oranjerivier in die komende weke hoog bly, met nog water op pad weens oorvloei, en damme op met die stroom wat hul sluise sal lig,” luidens die ministerie se waarskuwing.

Die Vaaldam was Maandag reeds 117,5% vol en 12 sluise is toe reeds oopgetrek. Die Bloemhofdam het op 107,7% gestaan, die Gariepdam op 112,32% en die Vanderkloofdam op 109,32%, volgens die ministerie.

Gemeenskappe, waterverbruikers, besproeiingsboere, mynbouers, padgebruikers en almal in Noordoewer en Aussenkehr of elders langs die Oranjerivier, word versoek om waaksaam te wees.

Die Paaieowerheid (RA) het die publiek gister in ’n mediaverklaring gewaarsku van ’n naderende sluiting van die DR212 tussen Aussenkehr en Rosh Pinah en die MR118 tussen Rosh Pinah en Oranjemund. Die RA het padgebruikers gemaan om versigtig te wees en gesê hulle monitor die situasie.

Verder styg die watervlak van die Zambezirivier by Katima Mulilo steeds. Die eerste vloedwaters het reeds vroeg verlede week dié gebied bereik.

“Die rivierwalle oorstroom wanneer dit die 4 meter-merk by Katima Mulilo bereik,” lui die waarskuwing wat die uitvoerende direkteur, Ndiyakupi Nghituwamata, uitgereik het.

“Die hidrologiese stasie het Maandagoggend reeds 5,29 m gemeet,” sê sy.

Na verwagting sal die rivier se watervlak nog styg weens goeie reënval in sy opvangsgebied, voeg Nghituwamata by.

Die watervlakke in die kanale van die oostelike en sentrale gebiede van die Cuvelai-rivierstelsel is besig om af te plat, maar bly steeds hoog vir dié tyd van die jaar. Die vlakke mag selfs dié van 2011 oorskry as die opvangsgebied nog meer reën ontvang, waarsku sy.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!