Paaie nie erg deur reën beskadig
Beide paaie na Epupa is slegs met ’n 4x4 toeganklik
Rehoboth se leerlinge moet deur oorstroomde paaie loop om skool toe te gaan.
’n Video word tans in die sosiale media versprei om mense te waarsku dat die Gamsberg-pas Maandag ná hewige reëns verspoel het.
Die gerugte is volgens Janus Joubert van die Corona-gasteplaas aan die voet van die Gamsberg onwaar en oordrewe.
“Ons het Dinsdag vanaf die plaas Corona op die C26 Windhoek toe gery. Daar was een of twee plekke waar die water geringe skade aangerig het, maar niks ernstig nie. Ons het die gewone twee en ’n half uur van die plaas af tot in Windhoek gery. Die slegste deel is waar hulle besig is met padwerke in die omgewing van die plase Melrose en Prospect.
“In die omgewing van die plaas Göllschau is daar ’n paar poele water in die hoofpad. Die D1438 was by sommige plekke beskadig, maar die padskraper het dit Dinsdag kom regmaak. ’n Sedanvoertuig met ’n ervare bestuurder sal die pad kan ry.”
Volgens hom het hulle op die plaas Corona en Picadilly 112 mm reën vanaf 16 Januarie tot Sondagnag ontvang en al die hoofdamme is vol.
EPUPA
Die C43 tussen Opuwo en Epupa, asook die hoofpad tussen Epupa en Ruacana - die D3700 - is deur die onlangse reën beskadig.
Volgens Epupa Falls Lodge & Camping se bestuurder is die paaie nie amptelik gesluit nie, maar hulle raai toeriste aan om nie die pad aan te durf nie.
“Ons dink dat Namibiërs met 4x4-kennis en boere die pad sal geniet, maar nie ander mense nie. Die paaie moet beslis ook net met ’n 4x4 aangepak word. Dit is nie buitengewoon nie en die Paaieowerheid herstel die paaie gewoonlik nadat die vloede en reën opgehou het,” het sy gesê.
REHOBOTH
Elizabeth Joseph van Republikein se susterkoerant Namibian Sun berig dat van Rehoboth se strate onder water is en dit toegang tot die Primêre Skool Rehoboth (RPS) bemoeilik.
Die Rehoboth-gemeenskapsaktivis, Abes Kaibeb, sê die dorp se uitvoerende hoof, Simeon Kanime, en sommige raadslede ignoreer die lot van die gemeenskap as dit by oorstromings kom.
“Die hoofkwessie is dat daar geen stormwaterstelsels in die dorp is nie.
“Nog ’n probleem is die rivierbedding by RPS se ingang, waaroor die raad ’n brug moet bou. Al wat die gemeenskap gevra het, is dat hulle tydelike paadjies maak sodat die water nie in die pad voor RPS en die Hoërskool M&K Gertze opdam nie,” het hy gesê.
Volgens die raad se woordvoerder, Desire Theunissen, is daar nie veel wat hulle op die oomblik kan doen nie, maar hulle werk daaraan.
“Dit is nie net RPS nie, maar verskeie ander gebiede wat oorstroom. Inwoners in Blok F het bevestig dat die water ook deur hul erwe gevloei het. Ons kyk na maniere om die situasie te beredder, maar tans is dit wat dit is.”
SOSIALE MEDIA
Verder het raadslid Mara Beukes in verskeie Facebook-plasings die erns van die oorstromings benadruk.
In een plasing sê sy: “Dit is verregaande dat ons inwoners – wat vir dienste betaal – jaar in en jaar uit hierdie gemors moet beleef en aanvaar.”
In ’n ander plasing voeg Beukes by dat sy die raad “gesmeek” het om in Desember na die gebiede te kyk, maar niks is gedoen nie.
Volgens Kaibeb bestaan die probleem al byna agt jaar lank en die raad het voortdurend versuim om ’n brug te bou.
“Daar is sekerlik goedkoper maniere. Hulle praat van konsultante. Hoe bring jy konsultante in as die dorp reeds nie geld het nie? Mense soos Ralph Ritttmann het my N$1 100 per uur gevra om sy padskraper te gebruik. Dit is ’n goedkoper oplossing.”
Die skool het bevestig dat inwoners tans paadjies deur hul erwe maak sodat RPS se leerlinge skool toe kan stap.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie