• Tuisblad
  • Weer
  • #PasIn: Normale reënjaar vir Namibië voorspel
No Image Caption

#PasIn: Normale reënjaar vir Namibië voorspel

Elvira Hattingh
'n Normale reënjaar word oor die algemeen vir Namibië verwag, ten spyte daarvan dat El Niño-toestande posgevat het en die Indiese Oseaan warmer as normaal is.

Dit aldus die seisoenale weervooruitskouing wat Maandag, 9 Oktober, deur die Namibiese meteorologiese dienste uitgereik is.

“Die Indiese Oseaan-dipool (IOD) is tans in ‘n positiewe fase. Daar word voorspel dat dit neutraal sal raak teen die einde van die 2023 – ’24 reënseisoen,” het die ministerie van werke en vervoer se Jonas Sheelongo, adjunk-uitvoerende direkteur vir vervoer, gesê.

Die meteorologiese dienste val onder dié ministerie.

Volgens ‘n verklaring wat deur die diens uitgereik is, word ‘n gemiddelde tot bo-gemiddelde reënjaar vir die meerderheid van die land vanaf Oktober tot Desember verwag, terwyl normale tot ondernormale reënneerslae in die suide van die land verwag word.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer