No Image Caption

#PasIn: Reën klaar op, koue op pad

Elvira Hattingh
Sommige weerkenners voorspel een van die eerste kouefronte vir hierdie winter kan Namibië teen die naweek bereik, terwyl die ligte reën wat die afgelope naweek oor dele van Namibië voorgekom het, sal opklaar.

Koue toestande sal na verwagting vanaf Vrydag in die suide van die land voorkom en dan noordwaarts versprei, tot dit teen Sondag verby die hoofstad sal beweeg.

Die Namibië Hidrologiese Dienste het in sy jongste verslag gesê satellietbeelde toon dat wydverspreide, ligte reën tydens die naweek oor die sentrale en suidelike dele van die land voorgekom het, maar daar word nie verdere reën tot 16 Mei verwag nie.

Intussen koel temperature af, met ‘n minimum van 9°C wat môre in die hoofstad verwag word, terwyl die kwik ook so laag as 10°C op Aus, Grootfontein, Omaruru, Rehoboth, Swakopmund en Walvisbaai kan daal.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer