• Tuisblad
  • Weer
  • #PasIn: Vloede moontlik by Oranje- en Zambezirivier
No Image Caption

#PasIn: Vloede moontlik by Oranje- en Zambezirivier

Elvira Hattingh
Gemeenskappe wat stroomaf van Blouputs langs die laerliggende dele van die Oranjerivier woon, asook in die oostelike vloedvlaktes van die Zambezirivier, moet bedag wees op die moontlikheid van vloede.

Dit volg nadat die Oranjerivier op 28 Februarie ‘n piek van 8,85 m bereik het, maar gister weer tot 1,71 m gedaal het. Damme wat die rivier voed, soos Suid-Afrika se Vaal- en Bloemhofdam, hou tans steeds meer as 100% water.

Terselfdertyd het goeie reën in die Zambezirivier se opvangsgebied voorgekom, met vloedwater wat tans die verre oostelike vloedvlaktes van die rivier binnevloei. Die rivier se vlak daal egter geleidelik by Katima Mulilo en was gisteroggend net sowat 4,9 m diep.

Die daaglikse vloedbulletin wat op 14 Maart deur die Hidrologiese Dienste van Namibië uitgestuur is, waarsku dat gereedheidsplanne in werking gestel moet word in bogenoemde gebiede en dat gemeenskappe in die gebiede die nodige voorsorg moet tref.

Terselfdertyd begin watervlakke in die Cuvelai-Etosha-kom daal, terwyl die Okavangorivier tans sowat 4,62 m diep by Rundu gemeet het.

#RepNuus

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!