#PasIn: Ysige koue vir die Suide en sentrale streke voorspel
Die hoofvoorspeller by die Namibiese Meteorologiese Dienste, Odillo Kgobetsi, waarsku die koue gaan môre behoorlik sy kloue in die Suide asook die Khomas- en Omahekestreek inslaan.
Oranjemund het vanoggend reeds reën aangemeld, terwyl sterk wind op Karasburg en in die omgewing ervaar word.
"Temperature sal beduidend oor die ‖Kharas- en Hardapstreek, sowel as Khomas en Omaheke daal. Ryp word ook in hierdie streke verwag," sê Kgobetsi.
Hy het kleinveeboere en kwekerye in die betrokke streke gemaan om die nodige voorsorg te tref. Teen Dinsdag sal dit effens warmer word, sê Kgobetsi, maar dagtemperature sal steeds redelik koel wees teen gemiddeld 16℃, met die kwik wat in die nag tot 2℃ sal daal.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie