#PasIn: Yskoue naweek lê voor
Baie koue toestande met die kwik wat tot onder nul kan sak, word môre en Sondag in //Kharas, Hardap, Erongo, Otjozondjupa, Khomas en Omaheke streke verwag.
Ryp sal waarskynlik in hierdie streke op verskeie plekke voorkom.
Boere wat gewasse en kleinvee het, word aangeraai om die nodige voorsorgmaatreëls te tref.
‘n Minimum van -2 word môre in Windhoek verwag, met ‘n maksimum van 12 grade.
In Gobabis sal die minimum nul wees en tot 'n maksimum van 16 grade styg, terwyl dit in Mariental ook nul sal wees, met 'n maksimum van 13.
Sneeu vir Aus oor die naweek word voorspel.
Hou ons asseblief op hoogte met enige foto's.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie