Sneeu, hael, reën op dag van sonstilstand
Koue wyk stadigaan
Meer reën en donderbuie in die Suide, maar ook ryp elders, word voorspel.
Terwyl dit gister ook Junie se dag van sonstilstand was, het die winterweër vir reën, hael en selfs sneeu op plekke in Namibië gesorg.
Tog behoort die bibberkoue nader aan die naweek weer die trekpas te kry.
Me. Melanie Campbell het gister ʼn video van sneeu wat op haar ouers se plaas naby Helmeringhausen val op die Facebook-blad Reën in Namibia gedeel, terwyl dit voorafgegaan is deur video’s van hael en reën wat Maandag op Oranjemund voorgekom het.
Volgens Accuweather was Helmeringhausen se minimumtemperature gister -2 °C en 10 °C, terwyl dit vandag op -1 °C en 15 °C sal staan.
Volgens die Namibiese weerkantoor was Omaruru en Otjiwarongo gister egter die koudste plekke in die land met ʼn minimumtemperatuur van -3 °C, terwyl Windhoek en Outjo op -2 °C gestaan het.
Die Namibiese weerkantoor sê Gobabis is vandag die koudste plek, met ʼn minimumtemperatuur van -1 °C en ʼn maksimum van 18 °C, gevolg deur Buitepos, Omaruru, Otjiwarongo en Outjo waar die minimumtemperatuur 0 °C sal wees. Die maksimumtemperatuur op dié dorpe sal ten minste 17 °C of meer bereik.
Windhoek se minimum- en maksimumtemperatuur is 1 °C en 16 °C vandag.
Die weerkantoor voorspel verder reën en donderbuie wat oor die suidelike dele van die land asook die suidelike kusgebiede sal voortduur.
Mistige weer word in die Suide en Ooste verwag en ryp kan moontik oor die Hardap-, Omaheke-, Otjozondjupa- en Khomasstreek voorkom.
Haelstorms is ook waarskynlik in die suidooste van die land.
Die weerkantoor het gisteroggend om 08:00 in hul reënbulletin aangedui dat dit 4,4 mm op Kleinberg gereën het asook 1,7 mm op Koichab-pan. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie