Die Omdeldam in April vanjaar. FOTO ELVIRA HATTINGH
Die Omdeldam in April vanjaar. FOTO ELVIRA HATTINGH

Suide damme die volste

Neckartal op 97,7%
Die nasionale damme is tans 79,5% vol – ʼn rapsie minder as verlede jaar dieselfde tyd, toe dit op sowat 82,2% gestaan het.
Elvira Hattingh
Damme in die suide is tans die volste in die land – en op ʼn gemiddeld van 88,3% – selfs voller as wat dit verlede jaar dieselfde tyd was.

Volgens NamWater se damverslag is die jongste stand van dié damme soos volg: Die Neckartaldam staan op 97,7% (837,404 miljoen kubieke meter of Mm³), terwyl die Hardapdam nog 65% (191,555 Mm³) vol is.

Die Nautedam is 93,8% (78,438 Mm³) vol, gevolg deur die Oanobdam wat nog 77,2% (26,630 Mm³) water oor het.

Die Bondelsdam is leeg en die Dreihukdam het 10% (1,549 Mm³) water oor.

Die damme se stand oortref selfs die nasionale gemiddeld, wat tans op 79,5% staan. Nasionale damme is dus ʼn rapsie slegter daaraan toe as verlede jaar dieselfde tyd, toe die gemiddeld nog 82,2% was.

Die drie damme wat sentrale gebiede van die land van water voorsien, hou gemiddeld ook nog 54,1% water. Die Swakoppoortdam is die volste op 87,6% (55,603 Mm³), gevolg deur die Von Bachdam wat nog 51,4% (24,447 Mm³) vol is en die Omatakodam wat 8,3% (3,599 Mm³) oor het.

Die Friedenau- en Goreangabdam het onderskeidelik 85,7% (5,764 Mm³) en 93,4% (3,381 Mm³) water oor.

Die ooste se damme is tans gemiddeld 21,2% vol, met die Daan Viljoendam wat die volste is op 49,4% (0,212 Mm³), gevolg deur die Otjivero-hoofdam wat op 34,5% (3,384 Mm³) staan en sy slikdam wat 2,5% (0,191 Mm³) water oor het. Die Tilda Viljoendam is nog 24,1% (0,295 Mm³) vol.

Die Olushandjadam hou ook tans nog sowat 12,3% (5,634 Mm³) water.

GOEIE VERWAGTINGE

Dit kom terwyl weervoorspellers meen nog ‘n La Niña is op pad – vir die derde agtereenvolgende jaar.

'n La Niña-weerverskynsel word dikwels met beter reënneerslae in Suider-Afrika vereenselwig, terwyl neutrale toestande nóg ʼn positiewe, nóg ʼn negatiewe invloed het. Boonop voorspel verskeie klimaatmodelle dat ʼn negatiewe Indiese Oseaan-dipool (IOD) oor die komende maande kan ontwikkel – wat ook goed is vir reënneerslae in Suider-Afrika.

Amerika se Nasionale Oseaniese en Atmosferiese Administrasie (NOAA) het in hul jongste vooruitskouing op 14 Julie gesê voorspellers het konsensus bereik dat La Niña-toestande ten minste vir die res van 2022 sal heers.

Die kans dat La Niña-toestande vanjaar weer vanaf die lente tot in die vroegsomer die “weer”-leisels sal oorneem, staan nou op tussen 62% en 66%.

Daarteenoor is die kanse dat neutrale El Niño-Suidelike Ossillasie (Enso)-toestande tussen Julie en September sal intree, net sowat 39%.

Die kans dat El Niño-toestande kan ontwikkel, staan deurgaans op minder as 10%, sê die NOAA.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: Springboks 48 vs 7 Argentina | New Zealand 33 vs 13 Australia Premier League: Wolves 1 vs 2 Liverpool | Nottingham Forest 0 vs 1 Fulham | Everton 2 vs 1 Crystal Palace | Chelsea 4 vs 2 Brighton | Brentford 1 vs 1 West Ham | Arsenal 4 vs 2 Leicester City | Newcastle 1 vs 1 Manchester City LaLiga: Osasuna 4 vs 2 Barcelona | Real Sociedad 3 vs 0 Valencia | Rayo Vallecano 1 vs 1 Leganés | Getafe 2 vs 0 Deportivo Alaves | Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano SerieA: Bologna 1 vs 1 Atalanta | Genoa 0 vs 3 Juventus | Udinese 2 vs 3 Inter Milan | AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.1 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A