Swaar reënbuie vir Noorde voorspel
Weerwaak uitgereik vir noordelike streke
Namibiese damme is gesamentlik 51,9% vol, volgens NamWater se jongste damverslag.
Die Namibië Meteorologiese Diens het ’n weerwaak vir vandag uitgereik met matige tot swaar reënval wat op plekke in die noordelike streke kan voortduur.
By Caprivi River Lodge in die Zambezistreek het dit gister nóg gereën nadat 60 mm die oggend uit die reënmeter gegooi is. Dié lodge het reeds 238 mm se neerslae vir die seisoen gehad.
Op Rundu is 53 mm gemeet, by die Zambezi-beroepsopleidingsentrum 50 mm, Katima Mulilo-lughawe 23 mm en Ondangwa 15 mm.
Ander reënvalsyfers wat by weerstasies in die noordelike dele aangemeld is (in mm), is soos volg: Kanovlei 26,4, Kalimbeza 23,9, Sachinga 13,2, Dudukabbe 12,9, Bagani 3,3, Hamoye 2,9 en Waterberg 1,6.
Die King Kauluma-nedersetting in die Oshikotostreek het 4 mm gehad, Okondjatu 3,2 mm en Okahua en Onghwiyu 2 mm.
By Seeis het 8 mm uitgesak, asook op die plase Virunga en Charakoe, 80 km noordnoordoos van Stampriet. By Arnhem is 6 mm gemeet, op die plaas Reitz by Leonardville 5 mm en noord daarvan by Geikous, Alabama en Kamana tussen 5 mm en 22 mm.
Die weerkantoor voorspel vir vandag gedeeltelik bewolkte en warm tot baie warm weer in die verre Suidweste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm wees met enkele tot geïsoleerde donderbuie, maar verspreide tot wydverspreide donderbuie in die noordelike streke. Winderige weer sal na verwagting in die binneland voortduur.
DAMVLAKKE
Volgens NamWater se jongste damverslag is Namibiese damme gesamentlik 51,9% vol.
In die sentrale deel is die Von Bachdam tans 23,8% vol nadat water vanaf die noordelike bronne en die Swakoppoortdam gepomp is. Swakoppoort is tans 23,5% vol en die Omatakodam 2,2%.
In die Suide word besproeiing weer uit die Hardapdam toegelaat wat nou 16,3% vol is na ’n verlies van 1,003 miljoen kubieke meter water. Die Neckartaldam is 78,3% vol, die Nautedam 28,3% en die Oanobdam by Rehoboth is 31,1% vol.
In die Ooste is Gobabis se damme gesamentlik 1,9% vol met die Daan Viljoendam se vlak op 11,2% en Tilda Viljoen op slegs 0,8%.
RIVIERVLAKKE
Die Zambezirivier by Katima Mulilo het gister ’n vlak van 0,63 meter gemeet.
Dié watervlak is heelwat laer as die vlak van 1,39 m wat verlede jaar dieselfde tyd aangeteken is.
Die Kavangorivier se vlak by Rundu het die naweek vanaf 5,72 m tot 5,52 m gister gedaal. Die watervlak is egter effens hoër as die 5,60 m wat verlede jaar dieselfde tyd gemeet is.
Die Kunenerivier by Ruacana het gister ’n vloei van 384,33 kubieke meter per sekonde aangeteken.
Die Oranjerivier se vlakke by Blouputs en Sendelingsdrift het gister op onderskeidelik 0,40 m en 0,36 m gestaan.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie