• Tuisblad
  • Weer
  • Swak tot geen reënval vir noordelike streke
STILL DRY: Some parts of central north have received poor rainfall.
STILL DRY: Some parts of central north have received poor rainfall.

Swak tot geen reënval vir noordelike streke

Omaheke kan reën oor naweek verwag
Vir die volgende drie tot 10 dae kan hoofsaaklik droë toestande vir die sentrale, suidelike, westelike, noordwestelike en sentrale noordelike dele van die land verwag word.
Yandi Du Plessis
Kenya Kambowe - Bestaansboere in die noordelike dele van die land is gewaarsku om hulle vir nog sowat twee weke gereed te maak vir droë toestande, aangesien goeie reën eers teen die einde van die jaar verwag word.

Dit volgens die hoofvoorspeller by die Namibiese Meteorologiese Diens, Odillo Kgobetsi, wat gesê het vir die volgende drie tot 10 dae kan hoofsaaklik droë toestande vir die sentrale, suidelike, westelike, noordwestelike en sentrale noordelike dele van die land verwag word.

“Oor Kavango-Wes, Kavango-Oos, Zambezi, Tsumkwe en dele van die Omahekestreek is daar sowat 30 tot 50% kans op reën,” het hy bygevoeg.

“Vandag sien ons ’n verbetering in die vog soos dit inbeweeg,” het hy gesê en bygevoeg dat Omaheke reën kan verwag “soos ons die naweek ingaan”.

“Teen volgende week sal die vog dan verder oor die sentrale noorde beweeg, waar daar ook ’n waarskynlikheid is van reënbuie. Die gebiede van Omaheke, dele van Tsumkwe, dele van Kavango-Oos en -Wes asook Zambezi sal gunstig bly vir buie en donderbuie soos ons volgende week verder gaan,” het hy gesê.

STORMS ONTWIKKEL

“Soos ons nader aan 20 en 21 Desember en Kersfees beweeg, sien ons meer storms ontwikkel en die intensiteit verbeter oor die streke van Omaheke, Tsumkwe en die sentrale noorde, en strek dan verder oor dele van Otjozondjupa,” het Kgobetsi gesê.

“Dit behoort die vooruitsig op die oomblik te wees, en ná Kersfees sal ons meer vog oor Otjozondjupa sien beweeg, waar ons ook verdere donderbuie verwag sowel as oor dele van die Omahekestreek.”

Intussen, langs die B1-pad tussen Omuthiya en Ondangwa, het net ’n handjievol opstalle hul mahangu-lande geploeg.

Elia Irimari, die goewerneur van die Oshanastreek, het by navraag vir kommentaar gesê hy het die swak reënval die afgelope maande waargeneem.

Met kennis van die verskillende tipes wolke, het hy bygevoeg dat hy nie verbaas is oor die gebrek aan reënval tot dusver nie.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!