Twee mans verdrink ná swaar reënstorms
Von Bachdam kry nóg invloei
Twee voorvalle van verdrinking is deur die Windhoekse stadspolisie bevestig nadat ’n swaar reënstorm Maandagaand die suidelike woonbuurte van Windhoek getref het.
“’n Wit Toyota-enkelkajuitbakkie met die bestuurder is in die rivier in Pelicanstraat deur die water meegesleur.
“Die liggaam van die bestuurder is later by die Gammamsbrug ontdek, terwyl die voertuig by die Acaciabrug gevind is,” het die woordvoerder van die stadspolisie, superintendent. Marcelline Murapo, gesê
Sy het bevestig die familie van die 34-jarige slagoffer is van sy dood ingelig.
Volgens Murapo het die tweede voorval ’n man met ’n hospitaalverband om sy arm behels, wat na bewering op die groot pype naby die Goreangabdam geloop het.
“Hy het glo gegly, in die water geval en verdrink. Sy liggaam is later op dieselfde plek gevind waar hy geval het.”
Die stadspolisie maan die publiek om nie riviere oor te steek nie.
“As ’n rivier oorstroom en deur ’n straat vloei, moenie probeer om deur vloedwater te loop, te swem of te ry nie. Selfs vlak water kan gevaarlik wees,” het Murapo gesê.
NEERSLAE
Gistermiddag het nóg ’n swaar donderstorm in die hoofstad uitgesak met bome wat in Hochlandpark ontwortel is.
In die woonbuurt Pionierspark is tot 61 mm Dinsdagoggend uit die reënmeter gegooi, in Academia het 50 mm uitgesak en in Kleine Kuppe 30 mm.
In Tsumeb is tot 50 mm gemeet en by Ondundu 38 mm.
Op die plaas Freihoek by Dordabis het 47 mm uitgesak en op die plaas Ombona by Kalkfeld 46 mm. Op Okahandja is 43 mm gemeet, Otavi 15,2 mm en Waterberg 10 mm.
Nóg matige tot swaar reënval met moontlike kitsvloede word voorspel.
DAMVLAKKE
Volgens NamWater se jongste dambulletin was daar die afgelope week hernude invloei na sleuteldamme.
“Die onlangse reënval het aansienlik bygedra tot watervlakke van die sentrale damme Swakoppoort, Von Bach en Omatako en die Omatjennedam, wat ’n welkome hupstoot aan Namibië se waterbergingskapasiteit bied,” het die woordvoerder van NamWater, Lot Ndamanomhata, gesê.
Die Swakoppoortdam het ’n invloei van 0,870 miljoen kubieke meter gehad met sy vlak wat nou op 34,9% staan. Verlede week was die dam se vlak op 33,5%, maar verlede jaar die ooreenstemmende tydperk op 40,5%.
Die Von Bachdam het ’n invloei van 0,686 miljoen kubieke meter gehad wat die dam se vlak tot 28,7% laat styg het. Die dam was verlede week 27,3% vol, aansienlik meer as verlede jaar se vlak van 11,4%.
Gister is berigte ontvang dat nóg water in Von Bach inloop.
Die Omatakodam het ’n invloei van 1,631 miljoen kubieke meter gehad en staan nou op 28,5%, teenoor verlede week se 24,8%. Verlede jaar was die damvlak op slegs 1%.
Alhoewel die Omatjennedam steeds op ’n lae vlak is, het dit tot 4,4% gestyg met ’n invloei van 0,081 miljoen kubieke meter – ’n styging vanaf verlede week se 2,8%.
Die Suide-damme is gesamentlik 62,3% vol in vergelyking met die stand verlede jaar van 63,1%. Die Hardapdam by Mariental se vlak staan op 22,5%, die Nautedam by Keetmanshoop op 33,3% en Oanob by Rehoboth op 33,1%. Gobabisdamme is kommerwerkkend laag teen ’n gesamentlike vlak van 2,6%.
“Hierdie positiewe veranderinge in damvlakke weerspieël die voortdurende voordele van reënval in die afgelope dae, wat hoop gee vir voortgesette verbeterings in die watervoorsiening namate die land die volgende fase van sy nat seisoen binnegaan,” het die woordvoerder gesê.
“NamWater bly daartoe verbind om hierdie sleutelwaterbronne noukeurig te monitor en die bestendige watervoorsiening aan gemeenskappe te verseker.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie