Uiters hoë temperature, min reën

Ellanie Smit
Met Februarie wat einde se kant toe staan en gekenmerk is deur uiters hoë temperature en min reënval oraloor in die land, is daar hoop dat toestande vir Maart meer positief lyk.

Die Suid-Afrikaanse weerkenner Johan van den Berg het erken Februarie is gewoonlik een van die beter reënvalmaande vir Namibië, iets wat nie vanjaar die geval was nie.

“Tans is ons al verby die middel van Februarie en min reën is nog ontvang,” sê Van den Berg. Volgens hom is sedert die begin van Februarie uiters hoë temperature in die land aangeteken, met sommige plekke waar die kwik bo 40°C gedraai het. Hy het verwys na hoëdrukstelsels oor die Indiese en Atlantiese Osean wat die hoofrede vir die droë en warm toestande is en ongunstig vir enige reën is. Van den Berg het egter gesê ’n verbetering in reënval in Namibië kan teen die einde van Februarie tot die begin van Maart verwag word. Dit volgens die Suid-Afrikaanse weerkenner Johan van den Berg wat sê Februarie is gewoonlik een van die beter reënvalmaande in die land.

Die swak reënvalsyfers word beaam deur die Namibië Meteorologiese Dienste wat hul syfers vir Januarie vrygestel het. Volgens die jongste reënvalbulletin het die meerderheid van //Kharas, Hardap, Erongo en die suidelike gedeeltes van Kunene swak reënval minder as 20 mm aangeteken. Kunene se noordelike gedeeltes en die meeste an die noordoostelike kwadrant van die land het egter tussen 40 mm en 200 mm en meer aangeteken. ’n Paar weerstasies in die noorde en noordooste het meer as 200 mm aangeteken en wel

Sachona (259 mm), Enguwantale (209 mm), Eheke (205 mm), Kasheshe (204 mm) and Kaisosi (203 mm). Volgens die bulletin was reënval vir die tydperk 1 Oktober 2023 tot 31 Januarie vanjaar vir die grootste gedeelte van die land meestal onder-normaal. Die noordelike gedeeltes van Kunene, Ohangwena, Oshana, Oshikoto en dele van Omusati, Kavango-Wes, Kavango-Oos en Zambezi het gemiddelde reënval ontvang. Volgens die bulletin is dit duidelik dat Namibië sedert die aanvang van die seisoen tot met Januarie onder-normale reënval gehad het.

Intussen het inwoners van Windhoek weer die teiken vir waterverbruik wat deur die munisipaliteit oorskry en wel met 11%. Die hoofstad ervaar ’n kategorie C-waterskaarste en 10% waterbesparings is nodig om volhoubaar in die aanvraag te voldoen. Die totale gemiddeld van die damvlakke in die land het ook tot 56% gedaal teenoor die vorige se seisoen se 71,3%.

In die sentrale gebiede van Namibië is die gemiddelde damvlakke ’n lae 24,2% teenoor verlede jaar se 46,3%. Swakoppoort staan op 41,6%, Von Bach op 12% en Omatako op net 1%. Die driedamstelsel wat die hoofstad van water voorsien se gemiddelde vlak is 21,2% teenoor die vorige seisoen se 43,8%. Die vlak van die Hardapdam naby Mariental het tot 14,9% gedaal. Wanneer die vlak van 6% van sy kapasiteit bereik word, word watervloei na die Hardapdamskema gestop. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!