Vog vloei van Angola in

Koeler weer kom
Volgens hoofweervoorspeller Odilo Kgobetsi breek meer vog breek deur vanaf Angola wat reën sal veroorsaak.
Francoise Steynberg
Gunstige reëntoestande en koeler weer word vir die Noordooste, Ooste en sentrale hoogland voorspel nadat enkele reënbuie die naweek oor dié dele uitgesak het.

Enkele tot geïsoleerde donderbuie word vir vandag plek-plek in die streke van Ohangwena, Oshana, Otjozondjupa, Kavango en Zambezi voorspel.

Volgens die Namibië Meteorologiese Diens sal die binneland vandag gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm wees, maar matig tot warm in die Suide met winderige weer wat sal voortduur. ’n Weerwaak is uitgereik vir koeler weer wat in die Suide sal voortduur weens twee kouefronte in onderskeidelik die Wes- en Suid-Kaap in Suid-Afrika.

Volgens die hoofweervoorspeller, Odilo Kgobetsi, breek meer vog breek deur vanaf Angola wat reën sal veroorsaak. Hy sê die stelsel bly behoue en die vogmodelle wys nog sterk reëntoestande oor die res van die week.

“Dele van die sentrale Noorde kan nog reën verwag tot sover soos Okaukuejo en die Omusatistreek, asook die Ooste en dele van Otjozondjupa en die sentrale hoogland,” het Kgobetsi gesê.

“Temperature bly hoog oor dele van die land en na verwagting sal dit later in die middel van die week daal weens die bewolkte en reënweer. Die stelsel sal teen Woensdag of Donderdag oor die westelike dele opklaar, maar teen die naweek beweeg baie vog weer in en sal reëntoestande oor die noordelike en sentrale dele ooswaarts voortduur," het Kgobetsi gesê.

Tsumeb het gisteroggend ’n bui van 3,5 mm gehad met 5,5 mm wat die naweek by die dorp se lughawe aangeteken is en 20 mm by Tsintsabis.

By Grootfontein is tussen 10 mm en 42 mm oor die naweek aangeteken, by Kayova River Lodge by Rundu 18 mm, 16 mm by Olienhoff-gastehuis by Otavi, 10 mm by Gobabis met buie wat ook noordoos van Gobabis aangemeld is.

Sowat 70 km noordoos van Windhoek is 6 mm uit die reënmeter gegooi, by Kapps Farm 4 mm, asook 4 mm op die plaas Onverwacht, 20 km suidoos van Dordabis.

In die hoofstad se woonbuurt Otjomuise is 14 mm gemeet, 3,2 mm in Pionierspark, 3 mm in Hochlandpark, 2 mm in Olympia en Cimbebasia, asook 2 mm op Leonardville in die Hardapstreek.

Volgens weerkundiges word daar tans verwag dat die El Niño-verskynsel verder kan verswak, met die moontlikheid dat ’n swak La Niña-stelsel aan die begin van die somer kan ontwikkel.

Kenners benadruk egter dat daar steeds “aansienlike onsekerheid” is oor die voorspellings wat dié klimaatsverskynsels betref en monitor dit deurlopend.

Droogtekulp Namibië doen weer ’n beroep op Namibiërs om Sondag ’n biddag vir reën landswyd in alle kerke te hou. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!