Warm naweek lê voor
Terwyl die meeste 'n koue naweek verwag het, sê die Namibië Meteorologiese Dienste dat sonnige en warm toestande oor die sentrale noordelike streke en die noordweste verwag word, terwyl dit elders gedeeltelik bewolk en matig tot warm sal wees. In Windhoek sal die minimum temperatuur 7° wees wat tot 'n maksimum van 22° styg, terwyl daar in Keetmanshoop 'n 5° laagtepunt met 'n 22° hoogtepunt verwag word. In Rundu word 'n minimum van 7° en 'n maksimum van 27° verwag. Die kus kan laagtepunte van 8° en 'n hoogtepunt van 27° verwag. Daar word verwag dat die temperatuur geleidelik sal warmer word voordat weer tipies Augustus voorspel word.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie