Wind, sand en gure weer
Sterk winde wat met ֹ’n snerpende koue gepaard gaan, woed sedert Maandag oraloor die land.
Die wind het gister omstreeks 01:00 in Hentiesbaai begin waai en waai vanaf Lüderitz tot so ver as in Hentiesbaai en nog verder noord.
“Dit is die eerste keer die jaar dat die wind so sterk waai. Ons het verlede week een dag oosweer gehad, maar dis niks in vergelyking met wat vandag op die dorp aangaan nie,” het Jörg Walder van Gone Fishing Accommodation gister gesê.
Hy het gister toeriste gehad wat ’n hengeluitstappie by hom bespreek het.
“Ek het besluit om Myl 100 toe te ry. Die wind waai gewoonlik so 20 kilometer na Kaap Kruis tot agter Myl 100 nie erg nie, omdat Brandberg die wind keer. Ek moes egter talle kere op pad soontoe van die pad aftrek en stilhou omdat ek niks voor my kon sien nie,” het hy gesê.
Franco Boffelli van Hentiesbaai het gesê: “Dit is so erg, die wind waai jou om. Ek woon voor Woermann Brock en ek kan nie die winkel van my huis af sien nie.”
ONGELUK
’n Noodlottige trompop botsing gister tussen ’n bakkie en ’n vragmotor, het die lewe van die bakkiebestuurder geëis.
“Die ongeluk het gisteroggend op die B2-pad buite Arandis plaasgevind en was as gevolg van lae sigbaarheid wat veroorsaak word deur die huidige winderige toestande landswyd,” het die hoofwoordvoerder van die polisie, adj.komm Kauna Shikwambi, gesê.
Die polisie het ’n waarskuwing aan alle motoriste uitreik om versigtig te wees of om vir eers nie langpad te reis nie, waar moontlik, as gevolg van lae of geen sigbaarheid op nasionale paaie.
SANDSTORM
’n Sandstorm het Maandag tussen Lüderitz en Aus weens die sterk ooswind gewoed.
Gondwana Collection Namibia het op sy Facebookblad ’n video van ’n sandstorm geplaas wat verby Klein-Aus Vista beweeg het.
“Die storm is omstreeks12:00 daar verby, met die wind wat ’n spoed van tussen 80-100 km per uur bereik het, en sal na verwagting – as daar na vorige jare verwys word – tot drie dae duur.
“As mense na die gebied moet reis, raadpleeg asseblief plaaslike inwoners oor die weerstoestande. Die storm kan ernstige skade aan voertuie aanrig en kan sigbaarheid op die paaie belemmer.”
Sesriem en Sossusvlei was gisteroggend toegewaai onder die sand. Talle voertuie en vragmotors het tussen Aus en Lüderitz in die sand vasgeval.
WINDHOEK
In Windhoek is Erastus Shondili, ’n munisipale werker, Maandag omstreeks 10:30 beseer toe ’n reusetak van ’n boom afgewaai en op hom en sy werksvoertuig beland het.
Shondili was besig om op die sypaadjie in Robert Mugaberylaan ’n pyp te herstel toe die ongeluk gebeur het.
Werknemers van Paragon het komberse bymekaargemaak om Shondili teen die koue en wind te beskerm.
KOUE
Op die plaas Vaalgrass – sowat 50 kilometer suidwes van Windhoek – was dit sowat twee weke gelede -10 ºC en toe het kapok geval.
Volgens Cindy Meiburg was dit Maandagoggend 0 ºC met ’n skynbare temperatuur van -8 ºC.
“Dit voel dié week kouer en die wind waai ons deurmekaar. Ek het al my groente toegemaak en Maandag om 07:30 het my besproeiingstelsel aangegaan en die water het gevries. Om 11:00 was dit nog steeds hard gevries,” het sy gesê.
By die Privaatskool Elnatan op Stampriet is die leerlinge Maandagoggend in bibberkoue terugverwelkom. Die sportvelde was met ys bedek.
Op Henriëtte Le Grange se plaas wat tussen Steinhausen en Summerdown geleë is, was die kwik Maandag -3 ºC.
Op Barbara Gouws se plaas tussen Stampriet en Gochas is -3 ºC gemeet.
In die Okahandja-omgewing en by die Daan Viljoendam buite Windhoek het die kwik op -2 ºC gestaan.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie