Windhoekers spaar (steeds) nie
Inwoners in Windhoek oorskry steeds die vasgestelde teiken vir waterverbruik.
Stad Windhoek (CoW) se weeklikse verslag vir waterverbruik in die hoofstad vir 16 tot 22 Julie wys inwoners het die teiken vir waterverbruik met 15% oorskry.
In ooreenstemming met kategorie D van die Windhoek-munisipaliteit se waterbestuursplan moet alle inwoners hul weeklikse waterverbruik met 15% verminder om doelwitte wat vir waterbesparing gestel is, te bereik.
Die totale gemiddeld van damvlakke in die land het tot 53,6% gedaal in vergelyking met verlede seisoen toe dit 66,3% vol was.
In die sentrale dele van die land staan die gemiddelde vlakke van damme nou op ’n lae 19,4%, terwyl dit ’n jaar gelede op 36,4% gestaan het.
Die Swakoppoortdam is tans 30,4% vol, die Von Bachdam 11,5% en die Omatakodam 0,1%. Dié driedamstelsel voorsien water aan Windhoek en die totale gemiddelde vlak van hierdie damme is tans 16% vergeleke met die vorige seisoen toe dit volgens NamWater se weeklikse dambulletin ’n gemiddelde vlak van 33,5% gehad het.
In die suide van die land is die gemiddelde vlak van damme 60,8% teenoor verlede seisoen toe dit 74,4% vol was. Namibië se grootste dam, die Neckartaldam, is op 81,5% van sy kapasiteit, terwyl dit die vorige seisoen 91,2% vol was.
HARDAPDAM
Die vlak van die Hardapdam naby Mariental het tot ’n skrale 10,3% gedaal.
Wanneer die dam tot sowat 6% van sy kapasiteit daal, sal die toevoer van alle onbehandelde water na die Hardap-skema gestaak word.
Boere by die Hardap-besproeiingskema het ’n ooreenkoms met NamWater onderteken om die dam se watervoorraad so te beheer dat hulle net 25% van hul landerye besproei.
Die ooreenkoms geld tot November vanjaar en is onderteken toe die dam 13% vol was. Die munisipaliteit op Mariental het ook die voorsiening van semi-gesuiwerde water vir tuine op 30 April en tot verdere kennisgewing opgeskort.
Die Nautedam is 43,4% vol, die Oanob 39,9%, Dreihuk 15,7% en die Bondelsdam 32,3% .
In die ooste van die land is die totale gemiddelde damvlakke slegs 2,4% teenoor verlede seisoen toe dit op 7,4% gestaan het. Die Otjivero-hoofdam is 3,4% vol, Tilda Viljoen 4,5% en die Daan Viljoen staan op 1,8%.
In ander dele van die land staan die Olushandjadam in Oshana op 43,4% vergeleke met verlede seisoen se 30,4%.
Beide die Omaruru-deltadam in die Erongostreek en die Omatjennedam in die Otjozondjupastreek is leeg wat ook die geval in die vorige seisoen was.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie