Wolkbreuk bring dood en skade
Die wolkbreuk wat verlede week Woensdag oor die hoofstad uitgesak het, het verskeie fratsvloede veroorsaak.
Rivierwater het tien mense asook talle voertuie meegesleur. Die Avisdam het oornag sy maksimum kapasiteit genader, talle huise en die Wernhil-inkoopsentrum het oorstroom, mure het omgeval, dakke het afgewaai en bome is ontwortel nadat daar op plekke 100 mm en meer binne minute uitgesak het.
DRENKELINGE
’n Fratsvloed het Woensdag tussen 17:30 en 18:30 ’n groep van tien vermeende hawelose kinders meegesleur.
Hulle het glo skuiling in ’n stormwatertonnel agter die Game-kompleks gesoek. Vier van die kinders kon gered word, vier het verdrink en twee word steeds vermis.
Volgens die Namibiese polisie is die eerste twee drenkelinge se liggame Donderdag omstreeks 15:00 in die rivier gevind.
Een van die oorlewendes het die liggame geïdentifiseer. Hy kon egter net hul straatname verskaf en dat een kind van Damara 7 in Katutura en die ander van Gobabis af kom.
Die derde slagoffer is deur sy familie as Antonio (Toni) Vries uitgeken. Sy liggaam is Vrydag in die rivier gevind en na die polisie se lykshuis geneem.
Die vierde drenkeling wat die polisie ook Vrydag gevind het, is deur sy naasbestaandes as Terence (Glaai) Garoseb geïdentifiseer.
Sy liggaam is in ’n rivierloop langs Moses Garoebstraat gevind. Hy is na raming tussen 25 en 30 jaar oud.
SANDBANKE
Die Klein Windhoek-rivier se walle het oorstroom en sandbanke en klippe lê nou nog op al die strate waaroor die rivier gevloei het.
In Schanzenweg naby UrbanCamp word die sandbank tans verwyder.
Volgens die bestuurder van UrbanCamp, Kristi-Lee Bester, het hulle besluit om die pad self skoon te maak aangesien dit ’n gevaar vir bestuurders inhou veral as dit donker is en die bestuurders hulle met die sandhoop en klippe misgis.
“Ek het ook gedink om dit makliker vir ons kliënte en veral sedanvoertuie te maak om by ons uit te kom. Ons gaan begin om die hoop net platter te maak, maar as ons tyd het, sal ons al die sand en klippe verwyder. Iemand moet dit doen,” het sy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie