Die Artemis I-maanvuurpyl is vanoggend gelanseer. Foto NASA
Die Artemis I-maanvuurpyl is vanoggend gelanseer. Foto NASA

Artemis I baan weg vir wetenskaplike mylpale

Iréne-Mari van der Walt
Die eerste van drie Artemis-maanvuurpyle, Artemis I, is vandag om 8:47.44 vanaf die Kennedy-ruimtesentrum in Florida gelanseer.

Die vuurpyl neem die onbemande ruimtekapsule Orion op ’n ses weke lange toetsvlug om die maan en terug om sowel die vuurpyl as die kapsule te toets voordat ’n bemande missie onderneem sal word.

Orion sal na verwagting kort na Kersfees weer na die aarde terugkeer.

Orion sal met die Artemis I-missie tydens sy omwenteling van die maan ’n punt meer as 278 000 myl (ongeveer 448 000 km) weg van die aarde bereik.

Die langtermyndoelwit van die Artemis-program is om ’n maanbasis tot stand te bring, waarvandaan bemande vlugte na Mars onderneem kan word.

– Bron: Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-12-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 34° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 18° | 31° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 21° | 30° Tsumeb: 20° | 30° Otjiwarongo: 17° | 26° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 18° | 29° Gobabis: 21° | 31° Henties Bay: 15° | 22° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 19° | 32° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 35° Aranos: 24° | 35° Lüderitz: 14° | 28° Ariamsvlei: 21° | 36° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 20° | 31° Lubumbashi: 17° | 30° Mbabane: 18° | 26° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 25° Lilongwe: 20° | 33° Maputo: 22° | 32° Windhoek: 18° | 29° Cape Town: 19° | 25° Durban: 22° | 28° Johannesburg: 19° | 27° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 31° Harare: 19° | 25° #REF! #REF!