Artemis ’n baanbreker in ruimteverkenning
Tweede lansering volgende jaar verwag
'n Reeks van vyf ruimteverkenningstogte het ten doel om 'n ruimtestasie by die maan te vestig en twee verkenningstogte op die maan te laat geskied.
Die Amerikaanse ruimteagentskap Nasa het op 16 November 2022 om 08:47.44
Namibiese tyd (01:47:44 plaaslike tydsone) die eerste van vyf Artemis-maanvuurpyle vanaf die Kennedy Ruimtesentrum gelanseer met die
belofte dat hierdie reeks ondernemings groot wetenskaplike voordele vir die mensdom sal inhou.
"Ons gaan terug na die maan vir wetenskaplike ontdekking, ekonomiese voordele en inspirasie vir 'n nuwe generasie ontdekkingsreisigers: die
Artemis-generasie. Terwyl ons Amerikaanse leierskap in eksplorasie behou, sal ons 'n globale alliansie bou en die diep ruimte verken tot
voordeel van almal," deel Nasa op hul webblad.
Volgens Nasa deel dat die Apollo-verkenningstogte wetenskaplikes gehelp het om
die ruimte beter te verstaan en dat daardie monsters steeds sorg vir wetenskaplike deurbraak.
ARTEMIS I
Artemis I was ’n onbemande vlug om die maan wat ten doel gehad het om die vuurpyl sowel as die Orion-kapsule te toets. Hierdie vlug het oor 25
dae, 10 ure en 53 minute en 1.4 milljoen myl (2,25 miljoen kilometer) gereis voor dit op 11 Desember 2022 naby Baja Kalifornië, Mexiko die aarde bereik het.
Hoewel daar geen bemanning aan boord van Artemis I was nie, het twee bekende gesigte steeds ’n belangrike taak aan boord voltooi op hierdie missie. Sagtespeelgoed van die strokiesprentkarakters Shaun the Sheep en Snoopy
van die Peanuts-strokiesprent het aan boord Orion gedien as aanduiders van wanneer die swaartekrag aan boord nul bereik.
ARTEMIS II
Hoewel Artemis II na verwagting gedurende hierdie jaar gelanseer sou word, het Nasa bevind dat daar onverwagse vlakke van skade aan Orion se
voorpunt was. Artemis II se lansering is gevolglik uitgestel en sal volgens Amit Kshatriya, Nasa se adjunkdirekteur vir die Maan tot Mars-program, nie voor September 2025 gelanseer word nie.
Artemis I en Artemis II volg soortgelyke roetes, maar Artemis II sal ’n bemanning om die maan neem om die volhoubaarheid van Orion met ‘n bemanning
op die proef te stel.
Artemis II se bemanning is op 3 April 2023 bekend gemaak en sal onder die leiding van sy bevelvoerder Reid Wiseman plaasvind. Wiseman het sy
meestersgraad in ingenieurswese aan Johns Hopkins Universiteit voltooi. Nadat hy in 1997 sy eerste graad in rekenaarstelsels voltooi het, het hy
by die VSA se skeepsmag aangesluit en is hy hier nege medaljes toegeken. Hy het twee dogters en is ’n kranige rensteljaer in sy vrye tyd. Sy vrou
is in 2020 oorlede.
Victor J. Glover sal as loods aan boord Artemis II diens verrig en het sy eerste graad in algemene ingenieurswese aan die Kalifornië Polytechnic
Staatsuniversiteit voltooi. Hy het ook later by die skeepsmag aangesluit voordat hy ’n lid van die Amerikaanse lugmag geword het.
Tydens sy loopbaan het hy meer as 3 000 vlugure aan boord 40 verskillende vliegtuie voltooi.
Artemis II se loonvragtespesialis, Christina Koch, was een van die vroue
wat ’n ruimtetog (space walk) met slegs vroue gedoen het. Koch was in 2020
een van Time-tydskrif se 100 mees invloedryke persone en wou van haar
kinderdae af ’n ruimteverkenner wees. Sy het aan die Noord-Karolina Staatuniversiteit twee grade verwerf - een in elektriese ingenieurswese en
die ander in fisika.
Die sendingspesialis Jeremy Hansen, is die enigste Kanadese ruimteverkenner aan boord en het sy meestersgraad in fisika aan die Royal Military College in 2000 voltooi. Voor dit het hy sy honneursgraad in ruimtewetenskap behaal.
ARTEMIS III
Artemis III sal die eerste Artemis-sending wees wat ’n maanlanding sal fasiliteer. Bemanning aan boord wat nog nie bekend gemaak is nie, sal naby die maan se suid-pool land en die omgewing verken. Twee bemanningslede sal vir ongeveer ’n week lank aan boord die Starship HLS-maanlander op die maan wees. Hulle sal na verwagting tot vier keer op
die maan loop en sal gedurende hierdie verkenningstogte verskeie toetse doen.
Artemis III sal na verwagting vir die eerste keer ’n vrou en ’n persoon van kleur maan toe neem. Nasa verwag dat die bemanning nie vroeër as September 2027 gelanseer sal word nie.
ARTEMIS IV
Artemis IV sal na verwagting nie voor September 2028 opstyg nie en het ten doel om die Internasionale Bewoningsmodule (International
Habitation Module) (I-Hab) op die maan te vestig. Die I-Hab en Lunar Gateway sal na verwagting die weg baan vir toekomstige ruimteverkenningstogte en bring Mars binne die mens se bereik. Die I-Hab
word tans gesamentlik deur die Europeese- en Japanese ruimteagentskappe ontwikkel.
Soortgelyk aan die Internasionale Ruimtestasie (ISS) wat ongeveer 420 km weg om die aarde wentel, sal die Lunar Gateway ongeveer 1 500 km weg van die maan of om hiérdie natuurlike satelliet wentel. Die Lunar Gateway sal dien as ’n spilpunt vir kommunikasie en ’n laboratorium en sal ook ruimtevaarders in die I-Hab huisves.
ARTEMIS V
Die laaste van die beplande Artemis-verkenningstogte sal twee ruimteverkenners weer terugneem na die maan se suid-pool waar hulle vir ongeveer twee weke met die maanlander Blue Moon eksperimente sal uitvoer. Dit nadat hulle nuwe komponente by die Lunar Gateway afgelaai het. Artemis V sal die Europese ruimteagentskap se Europese Sisteem vir
Brandstofaanvullingsinfrastruktuur en Telekommunikasie (ESPRIT) vir
brandstofaanvulling en kommunikasie asook ’n robotiese armstelsel wat in Kanada ontwikkel is, na die Lunar Gateway neem. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie