Mars-helikopter hou aan verras
Behaal mylpaal van 20ste vlug
Alhoewel dit nooit die plan was nie, help Ingenuity nou die Perseverance-verkenningstuig om Mars vanuit die lug te verken.
Die Mars-helikopter, Ingenuity, het onlangs sy eerste (aardse) jaar asook sy 20ste vlug op Mars afgelê en hiermee alle verwagtinge viervoudig oortref.
Ingenuity het sy aanvanklike sending met vlieënde vaandels geslaag en die besluit is geneem dat hy verder gebruik mag word. Sedertdien werk dié helikopter as ’n verkenner vir die Perseverance-verkenningstuig en verskuif grense as dit by die moontlikhede van vlugte op Mars kom.
Op 25 Februarie het die helikopter sy 20ste vlug voltooi – iets wat die span van Nasa se Straalaandrywingslaboratorium (JPL) nooit gedink het haalbaar sou wees nie.
“Vlug 20 was ’n sukses. Gedurende die vlug van 130,3 sekondes het die Mars-helikopter 391 meter teen ’n spoed van 4,4 meter per sekonde gedek, wat dit nader aan Perseverance se landingsplek neem,” het JPL die afgelope Saterdag op Twitter gesê.
Ingenuity, wat sowat 1,8 kg weeg, het op 18 Februarie saam met Perseverance op die oppervlak van die Jezero-krater geland.
Die helikopter, wat sonaangedrewe is, help Perseverance met sy sending deur lugfoto’s te neem, wat beteken die tuig se hanteerders kan die veiligste en mees doeltreffendste pad na sy bestemming kies.
SOEKE NA LEWE Mars se Jezero-krater, wat sowat 45 km breed is, het miljarde jare gelede ’n meer en ’n rivierdelta gehuisves – wat op die Aarde bewys is om tekens van lewe die beste te bewaar. Die Perseverance-span is daarom gretig om grondmonsters in dié delta te neem.
“Die Jezero-krater is die rede waarom ons die spesifieke plek as ’n landingsplek gekies het en ons hoop om dit binnekort te bereik,” het ’n lid van die span Briony Horgan vroeër vandeesmaand in ’n video-opname gesê.
“Sodra ons daar is, sal ons vir tekens van mikrobiese lewe in die meer soek. Ons beplan om volgende jaar daaraan te bestee om deur neerslae in die meer en rivier binne die delta te soek,” het sy gesê.
TROTS Hierdie sou onbetwyfeld ’n trotse oomblik vir wyle dr. Japie van Zyl gewees het, wat voor sy dood ten nouste betrokke was by Nasa se Perseverance-verkenningstuig wat verlede jaar op Mars geland en boonop die klein helikoptertjie saamgeneem het.
Ingenuity het Mars binnegekom terwyl dit aan Perseverance se onderkant vasgemaak was. Die helikopter was die breinkind van Van Zyl, wat die voormalige direkteur van sonnestelselverkenning by JPL was.
Met die bereiking van dié mylpaal is die aanvanklike doelwit vir die 1,8 kg helikopter oortref. Dit is ontwerp om net sowat vyf eksperimentele toetsvlugte af te lê. Dit het die eerste keer op 19 April 2021 gevlieg, met ’n vinnige op-en-af “wip” om te wys dat beheerde vlugte op Mars moontlik is.
Van Zyl het in 2018 tydens ’n onderhoud met Republikein verduidelik dié projek lê hom baie na aan die hart en dat hy in 2013 omtrent vir sy Mars-helikopter moes “baklei”.
Danksy Van Zyl sal dit dus die heel eerste keer in die geskiedenis wees dat 'n klein, outomatiese helikopter op 'n ruimtesending vir verkenning ingespan word. Dit sal drie keer meer van die gebied kan verken as 'n robottuig. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie