Nog ’n kosmiese deurbraak vir Hess
Kosmiese partikelversnelling ‘soos rolprent’ bestudeer
Sterrekundiges is opgewonde nadat Hess-navorsers vir die eerste keer ooit direkte waarnemers van partikelversnelling buite ons sonnestelsel was.
Die teleskope in die hoë-energie stereoskopiese stelsel (Hess) in die Khomas Hochland het onlangs vir nog ‘n deurbraak in die wêreld van kosmiese wetenskap gesorg.
Vir die eerste keer ooit is ‘n galaktiese ontploffing, of nova, in baie hoë gammastrale buite ons eie sonnestelsel waargeneem.
Die Universiteit van Namibië (Unam) verduidelik in ‘n mediaverklaring wat gister uitgereik is (10 Maart) novae is kragtige ontploffings op die oppervlak van ‘n witdwerg binne ‘n dubbelsterstelsel, waar ‘n groter ster en ‘n kleiner ster rondom mekaar wentel.
Witdwerge is sterre wat al hul waterstof – wat dit eens as kernbrandstof gebruik het – verbrand het.
“Die sterre in dié stelsel is omtrent dieselfde afstand van mekaar as die aarde en die son,” het Alison Mitchell gesê, ‘n navorser by die Friedrich-Alexander-Universität Erlangen-Nürnberg en hoofnavorser van die Hess-novaprogram.
“Toe ‘n nova in Augustus 2021 voorgekom het, het die Hess-teleskope ons toegelaat om vir die eerste keer ooit ‘n galaktiese ontploffing in baie hoë gammastrale waar te neem,” sê sy.
NOVA
Dit was ook tydens die gebeurtenis dat navorsers vir die eerste keer die ontwikkeling van ‘n nova in werklike tyd kon volg, wat hulle toegelaat het om kosmiese partikelversnelling te bestudeer asof hulle na ‘n rolprent kyk.
Hulle kon hoë-energie gammastrale vir tot ‘n maand ná die ontploffing meet.
“’n Nova skep ‘n skokgolf, wat deur die omringende medium skeur, deeltjies saam met dit meesleur en dit tot uiterste energieë versnel,” lui die verklaring.
Hess-navorsers kon ook vir die eerste keer dié versnellingsproses waarneem.
“Verrassend genoeg, blyk dit dat die RS Ophiuchi nova-partikels versnel tot op ‘n spoed wat, teoreties, as die limiet binne ideale toestande beskou word,” het die universiteit in ‘n verklaring gesê.
Die navorsers het ontdek dat die deeltjies versnel tot energieë wat honderde kere meer is as wat vantevore in novae waargeneem is. Boonop is die energie wat tydens die ontploffing vrygestel is, uiters doeltreffend omgeskakel in versnelde protone en swaar atoomkerne.
“Dis die eerste keer ooit dat ons waarnemings soos hierdie kon doen en dit sal ons in staat stel om meer akkurate insig te verkry in hoe kosmiese ontploffings werk,” verduidelik Dmitry Khangulyan, ‘n teoretiese astrofisikus van die Rikkyo Universiteit in Tokyo, Japan.
“Ons kan byvoorbeeld ontdek dat novae ‘n bydrae maak tot die altyd-teenwoordige see van kosmiese strale en daarom ‘n beduidende uitwerking op die dinamika van hul onmiddellike omgewing het.”
HOE GEBEUR DIT?
Die navorsers verduidelik dat nova-gebeurtenisse voorkom wanneer die witdwerg deur sy aantrekkingskrag materiaal van sy massiewe metgestel-ster versamel.
“Sommige nova-gebeurtenisse vind herhalend plaas.
“Hierdie herhalende novae is die gevolg van termonukleêre ontploffings op die oppervlak van witdwerge. RS Ophiuchi is een van hierdie herhalende novae; daar kom sowat elke 15 tot 20 jaar ‘n ontploffing op sy oppervlakte voor,” lui die verklaring.
Die Unam-gegradueerde en Hess- sterrewagpersoneellid, Sennae Kankondi, asook die Unam-fisika-student Sigrid Shilunga was deel van die span wat die teleskope tydens dié observasie hanteer het. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie