#PasIn: Nasa-kapsule keer vandag terug met asteroïde-materiaal

Elvira Hattingh
Die Amerikaanse ruimteagentskap (Nasa) sal na verwagting vandag omstreeks 12:55 (plaaslike tyd) ‘n kapsule ontvang wat terugkeer met monsters en materiaal van die asteroïde Bennu.

Bennu dateer terug na die geboorte van ons sonnestelsel, wat navorsers sal help om uit te vind hoe ons sonnestelsel gevorm het. Dit is die eerste keer dat so baie materiaal van ‘n asteroïde aarde toe gebring sal word, alhoewel OSIRIS-REx die derde sending in die geskiedenis is om monsters van ‘n asteroïde terug te bring ná Japan se sendings Hayabusa 1 en Hayabusa 2.

Die OSIRIS-Rex-sending, wat kort is vir Origins-Spectral Interpretation-Resource Identification-Security-Regolith Explorer, het sowat sewe jaar gelede op 8 September 2016 vertrek. Dit het die ruimtetuig sowat twee jaar geneem om tot by die asteroïde te ries. Daarna het dit nog twee jaar geneem om rondom Bennu te wentel en skanderings van die die asteroïde te doen.

Die versameling van materiaal van die asteroïde se oppervlak het eers op 20 Oktober 2020 plaasgevind – sowat drie jaar gelede, voor dit nou vir ontleding teruggebring sal word na planeet Aarde toe. Bennu word deur wetenskaplikes beskryf as ‘n “hoop rommel” wat ‘n versameling van materiaal bevat wat oorgebly het ná die “bou van planete” in ons sonnestelsel. – Bron: Nasa

Kommentaar

Republikein 2024-12-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 34° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 18° | 31° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 21° | 30° Tsumeb: 20° | 30° Otjiwarongo: 17° | 26° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 18° | 29° Gobabis: 21° | 31° Henties Bay: 15° | 22° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 19° | 32° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 35° Aranos: 24° | 35° Lüderitz: 14° | 28° Ariamsvlei: 21° | 36° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 20° | 31° Lubumbashi: 17° | 30° Mbabane: 18° | 26° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 25° Lilongwe: 20° | 33° Maputo: 22° | 32° Windhoek: 18° | 29° Cape Town: 19° | 25° Durban: 22° | 28° Johannesburg: 19° | 27° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 31° Harare: 19° | 25° #REF! #REF!