Foto Reuters
Foto Reuters

Stel vannag jou wekker vir die maansverduistering

Ronelle Rademeyer
Maak seker jy kom vanaand vroeg in die bed, want in die vroeë oggendure môre (Maandag 16 Mei) vind daar ’n algehele maansverduistering plaas wat oral in Namibië sigbaar sal wees.

Vanjaar vind daar vier verduisterings plaas - twee gedeeltelike sonsverduisterings en twee algehele maansverduisterings. Geen van die sonsverduisterings in sigbaar vanuit Namibië nie en net vannag se maansverduistering sal van hier af waargeneem kan word. Suid-Amerika is die beste geplaas vir hierdie skouspel, terwyl die westelike dele van Afrika en die oostelike dele van Noord-Amerika dit sal kan sien, skryf Wiilie Koorts, senior elektroniese tegnikus by Suid-Afrikaanse Astronomiese Sterrewag, op Facebook.

’n Maansverduistering gebeur slegs met volmaan wanneer die son, aarde en maan presies in lyn is sodat die maan deur die aarde se skaduwee beweeg. “Omdat die son nie ’n puntbron is nie, beteken dit dat die aarde se skaduwee tweeledig is, naamlik ’n halfskaduwee (penumbra) en ’n volskaduwee (umbra),” sê hy. Terwyl die maan in die halfskaduwee inbeweeg, is die verduistering nie baie opmerklik nie.

“Die volskaduwee-fase is die skouspelagtige deel en onmiskenbaar, selfs vir iemand wat toevallig na die maan sou kyk sonder vooraf kennis van die gebeurtenis. Dan neem die maan stelselmatig ’n rooi, koperkleur aan en verdonker gaandeweg.

“Hoe donker die maan uiteindelik raak, verskil van verduistering tot verduistering. Hoe meer stof en onsuiwerhede in die atmosfeer, soos byvoorbeeld deur vulkane veroorsaak, hoe donkerder en rooier die kleur,” skryf Koorts.

Die maan begin in die halfskaduwee inbeweeg om 03:32 op 16 Mei. Om 04:27 begin dit in die volskaduwee inbeweeg, die meer sigbare fase van die verduistering. Teen 05:29 is die maan ten volle in die volskaduwee, dus die begin van die totale fase.

Maksimum verduistering is om 06:11, wanneer die maan op sy donkerste sal wees.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!