By die bekendstelling staan agter van links Axel Dainat (DTS-voorsitter), Julia Gideon (DTS-vlugbalvoorsitter), Mutakwa Nalupembe, Ester Shapwe, Solly Risser (DTS-spelers), Danie Keulder (internasionale borgskapbestuur van NBL), Tobias Eden (visepresident van die Namibiese Vlugbalvereniging). Voor staan Nadine Snydewel (NBL) en Kim Ortiz (DTS-speler). Foto verskaf
By die bekendstelling staan agter van links Axel Dainat (DTS-voorsitter), Julia Gideon (DTS-vlugbalvoorsitter), Mutakwa Nalupembe, Ester Shapwe, Solly Risser (DTS-spelers), Danie Keulder (internasionale borgskapbestuur van NBL), Tobias Eden (visepresident van die Namibiese Vlugbalvereniging). Voor staan Nadine Snydewel (NBL) en Kim Ortiz (DTS-speler). Foto verskaf

Vlugbal keer terug met ‘n knal

Vlugbal
Tielman Van Lill
Die Deutscher Turn- und Sportverein (DTS) het sy 38ste Windhoek Draught Volleyball 4 All-toernooi van stapel gestuur wat op Saterdag 4 Februarie by die DTS-sportterrein in Olympia sal plaasvind.

Axel Dainat, DTS-klubvoorsitter, het gesê: “Namibia Breweries Limited (NBL) is geen vreemdeling by ons nie. Hul volgehoue ondersteuning bevestig hul vertroue in sport.

“Die Volleyball 4 All-byeenkoms is sekerlik die grootste eendaagse sportbyeenkoms in Suidelike Afrika en moontlik in Afrika. Ons hoop om vanjaar ’n rekordgetal inskrywings te lok wat 252 spanne moet wees.”

Tasneem Klazen, senior handelsmerkbestuurder van Windhoek Draught, het bevestig die borg is reeds tien jaar by die gewilde toernooi betrokke.

“Ons laaste kompetisie was in 2020, met 240 spanne wat mekaar gepak het. Vanjaar sal ons ’n ekstra veld beskikbaar hê en kan gevolglik twaalf spanne meer akkommodeer.

“Hierdie is ’n kompetisie vir pret en plesier en jy hoef nie ’n vlugbalspeler van formaat te wees nie. Almal word aangemoedig om die dag met ons te deel en pret te hê. Gesinne, vriende, kollegas en enige besigheid is welkom.

“Windhoek Draught stoot self drie spanne in die veld en daag ander korporatiewe-maatskappye uit. Kom ons begin die jaar met ’n groot knal!” het sy gesê.

Die registrasiekoste beloop N$2 000 per span en inskrywings sluit komende Woensdag (25 Januarie). Spanne sal maksimum uit tien mense bestaan (ses spelers op die baan en vier plaasvervangers). Spanne moet ’n minimum van twee vroue insluit. Spanne mag nie meer as twee spelers wat by vlugbalklubs geregistreer is, in hul geledere hê nie.

Besoek www.dts.org.na/volleyball-for-all-2023 om te registreer en vir die kompetisie met hope pryse in te skryf.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!